Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

NB

@ Books LIVE

NB Latest

Marlene van Niekerk vertel hoe sy gevestigde genre-kategorieë laat wankel met Kaar

KaarMarlene van Niekerk se eerste poësiebundel in dertig jaar, Kaar, is onlangs met die gesogte Hertzogprys bekroon. Tog meen Van Niekerk dat sy nooit eintlik opgehou dig het nie – sy het dit bloot in haar prosa laat opklink. “Dit staan in prosavorm in die visioene van Bileam in “Die oog van die meester” in my eerste kortverhaalboekie, ook in Treppie se WC-toneel in Triomf, in die kursiefgedeeltes in Agaat, en oral in Memorandum, en in Die sneeuslaper,” het Van Niekerk in ‘n onderhoud met Louis Esterhuizen op Versindaba gesê.

Om gevestigde genre-kategorieë te laat wankel, is deel van haar doel, sê Van Niekerk. En sy verlekker haar daarin dat mededigters, akademici en deskundiges verskil oor watter tipe poësie sy nou eintlik skryf.

LE: In haar resensie van Kaar maak Zandra Bezuidenhout die volgende waarneming ten opsigte van jou digkuns: “Dit is hoe Van Niekerk met jou gal werk, want sy dra niks op ’n skinkbord aan nie; sy is in terme van taalgebruik ’n opperste ‘oproermaker’ en ‘draai ’n kleine revolusie af’, soos die Nederlandse digter Lucebert, vir wie ooglopende beelde en voorspelbare skryfwyses weinig te sê gehad het. ‘Daar’s werk’, klink Jan F.E. Celliers se woorde uit die vergetelheid op, want Van Niekerk duld nie ’n lui leser nie. “ Gaan jy akkoord met so ‘n opmerking?

MvN: Dis ‘n vleiende opmerking, en as ek “ja” antwoord stel ek myself absoluut nie op’n gelyke voet met die grote Lucebert nie. Die punt is, mens bly jou eie eerste leser, dit is dus veral met jou eie gal dat jy werk. En as ek, terwyl ek skryf, die gevoel kry dat ek nie gereeld genoeg met my eie gal (of popcorn) werk nie, raak ek verveeld en verloor belangstelling in die ding wat ek probeer skryf.

Boekbesonderhede