Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

NB

@ Books LIVE

Rachelle Greeff Beindruk by die Woordfees

Rachelle Greeff en Marita van der VyferRachelle Greeff lees voorMarita van der Vyfer se gesprek met Rachelle Greeff oor haar rubriekebundel, Alles behalwe die geheim van my whiskies, was net so kleurryk soos dié twee vroue self by die bekendstelling daarvan in die Woordfees se NB-tent.

Die gehoor luister aandagtigDie bundel bevat die hoogtepunte uit Rachelle se keur rubrieke wat verskyn het in Die Burger en Rapport. ‘n Deurlopende tema hierin, het Rachelle beweer, is die skryfproses, lees en boeke, maar daar word geskryf oor baie uiteenlopende allerdaagse onderwerpe. Rachelle het voorgelees uit een van haar gunsteling rubrieke, “Ode vir my AEG”, wat handel oor wasgoedwas. Dié alledaagse tema is vars aangebied en gee mens ‘n nuwe blik op derglike dagtake.

Rachelle Greeff teken aanhangers se kopieëRachelle het beslis dit wat Marita beweer ‘n rubriekskrywer behoort te hê: “Transfiguration of the commonplace and a common touch”. Op Marita se vraag oor wat Rachelle se raad vir jong skrywers is, antwoord sy: “Wees ‘n Bull Terrier! Stormloop alles en onthou tog om jouself nooit ernstig op te neem nie”. Die bundel is opgedra aan haar seuns, Ferdinand en Albertus.

Rachelle Greeff en haar seuns, Albertus en FerdinandAanhaling van die gebeurtenis: “Ek hou van skryf, want woorde praat nie terug soos mense nie. Skryf is soos troeteldiere, maar jy het nie eers ‘n veearts nodig nie!”
- Rachelle Greeff

*

Jeanina en Gerda LiebenbergAt the launch of Rachelle Greeff’s new book yesterday, Marita van der Vyfer and Rachelle had a colorful conversation regarding Alles behalwe die geheim van my whiskies (translation: Everything except the secrets of my whiskeys). These two vibrant women had the audience asking for more stories when they finally decided to stop.

Afterwards Rachelle signed copies of her books while the guests enjoyed the free wine and snacks.

Alles behalwe die geheim van my whiskiesBook Details