Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

NB

@ Sunday Times Books LIVE

Wilna Adriaanse glo in romanse en in Afrika

Wlina Adriaanse en haar seuns, Jaco en Cobus By die bekendstelling van haar nuutste roman, Die boek van Ester, het Wilna Adriaanse eerlik gepraat met haar gehoor oor haar ervaringe in Afrika. Hierdie ervaringe is juis die inspirasie van haar nuuste pennevrug.

Sy is voorgestel aan die gehoor deur die bemarkingsbestuurder van nb-uitgewers, Marga Collings wat ‘n kort biografiese agtergrond van Adriaanse geskets het. Collings het dit duidelik laat blyk dat nb-uitgewers haar nuwe boek bly ontvang en nog meer van haar werk sal verwelkom. Hierna is die skrywer aan die woord gestel. Sy het vertel van haar en haar gesin se Afrika-ervaringe. Die kontinent fassineer haar omdat dit so onvoorspelbaar is in soveel maniere, veral as mens dit vergelyk met ‘n Europese leefstyl wat “jou gees kan afstomp”.

Hierdie rou gees van Afrika het haar geïnspireer om Die boek van Ester te skryf. Hoekom nog ‘n romantiese aanslag tot fiksie? “Ek is geprogrammeer om aan die liefde te glo…almal in my familie het gelukkige huwelike”. Aan die einde het sy 3 voorlesings uit die boek gedoen om, soos sy dit gestel het, die gehoor “‘n voorsmakie te gee”.

Na die tyd het almal sommer net so bly sit en kuier met ‘n glasie wyn en heerlike happies wat voorsien is deur Exclusive Books terwyl Adriaanse nuwe kopieë teken en met aanhangers gesels.

Aanhaling van die geleentheid: “Ek dink nooit karakters self uit nie: hulle kom verlei my en fluister in my oor dat hulle wil hê ek moet hul storie vertel…”
- Wilna Adriaanse oor hoekom sy spesifieke stories skryf

Galery

Wilna Adriaanse teken Margot Jordaan se nuwe kopie Wilna Adriaanse Marga Collings en Wilna Adriaanse Wilna Adriaanse en Loftus Marais Joan Warren Die uitstalling met die nuwe boeke Die gaste bly sit en kuier

Die boek van EsterBoek besonderhede

 

Please register or log in to comment