Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

NB

@ Sunday Times Books LIVE

Human & Rousseau vier hul 50ste Verjaarsdag!

'n Lewe met boekeRousseau en Human Eloise WesselsKerneels Breytenbach NB Uitgewers is trots om die legendariese uitgewer, Human & Rousseau, se verjaarsdag met julle te deel.

Skrywers, uitgewers, joernaliste en vriende het ‘n glasie geklink op Koos Human en Leon Rousseau wat beide teenwoordig was by die feesvieringe wat in Leinster Hall in die Tuine, Kaapstad gehou is. Hulle het albei interessante en vermaaklike toesprake gelewer met ‘n terugblik oor die jare. Die gaste het almal kopieë van Human se 2006 memoir, ‘n Lewe met Boeke en die nuuste uitgawe van Boeke-Insig ontvang.

Kerneels Breytenbach van NB Uitgewers het die opening van die aand behartig en het Human & Rousseau se storie onoortreflik vir die gaste geskets:

Ladies and Gentlemen, to use a term Of cruder times when such distinctions counted, Our age is one of wonders.

Aldus het Anthony Delius sy bundel The Last Division geopen. Daardie bundel het op 1 Julie 1959 verskyn, en die baan geopen vir ‘n uitgewersmaatskappy wat op 1 Februarie 1959 sy deure oopgemaak het in die Volkskasgebou, Adderleystraat, Kaapstad.

Dis ‘n groot voorreg om vanaand hier die twee stigters van daardie uitgewery, Koos Human en Leon Rousseau, as eregaste te kan verwelkom. Op 1 Februarie 1959 was albei 27 jaar oud. Soos Anthony Delius gesê het: Our age is one of wonders. Van daardie dag af het Koos en Leon die aangesig van die Afrikaanse uitgewerswese verander, en ‘n nuwe rigting gegee het aan Afrikaanse boeke van alle soorte.

‘n Spesiale hartlike verwelkoming ook aan al ons outeurs wat vanaand hier teenwoordig kon wees. Sonder julle sou H&R net ‘n ideaal gebly het. Danksy julle is die droom verwesenlik. Danksy julle droom ons steeds groot vir die toekoms.

Video: Human & Rousseau vier 50!

YouTube Preview Image

Hiermee is on bly die foto’s van dié glansaand met julle te deel:

Willem Pretorius en Yolande Breytenbach Philip de Vos, Nanette van Rooyen, Madri Victor en Gert van der Walt Breyten en Yolande Breytenbach Etienne van Duyker en Niki Daly Etienne van Heerden en Jan Vermaak Breyten Breytenbach, Hannes van Zyl en Kerneels Breytenbach Johan Bakkes en Braam de Vries Danita van Romburgh, Deleen van der Merwe, Elsa den Haan, Heide Liebenberg en Magda Herbst Simone Hough en Michelle Cooper Annie Olivier en Ria Olivier Ronelle en Chris Schoeman Madri Victor en Joan Hambidge Jenny Pieterse en Maritjie Coetzee Deon Meyer en Jo-Marie Dick Danie Marais en Francois Smith Dierdre Grosskopf, Marie-Louise Rousseau en Leontine Rautenbach Leon Rousseau, Kerneels Breytenbach en Koos Human Louise Mann en Erika Oosthuysen Etienne en Susan Bloemhof Nicola Menne, Marga Collings en Nelleke de Jager Alida Potgeiter, Wilma Stockenstrom en Koos Human Janita Holtzhausen en Nicola Menne Koos Human Irna van Zyl, Bridget McCarney en Linette RetiefLeon Rousseau Koos HumanKoos en Trewhella HumanGehoor Human & Roussouw Leon Rousseau, Kerneels Breytenbach en Koos Human Leon Rousseau en Koos Human

Bookbesonderhede

Dankie ook aan Leopard’s Leap wat die wyn geskenk het!

 

Please register or log in to comment