Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

NB

@ Sunday Times Books LIVE

Jaco Kirsten se omstrede boek eintlik oor identiteit

Jaco Kirsten

In die afgelope paar jaar was daar nie nog ‘n Afrikaanse boek wat die huidige regering van Suid-Afrika só kritiseer nie.

Só meen Etienne Bloemhof van NB-uitgewers oor Jaco Kirsten se debuutroman, Om na ‘n wit plafon te staar. Bloemhof het die openhartigheid van dié roman Dinsdag by die bekendstelling daarvan, op Kanonkop wynlandgoed, beklemtoon.

Die boek het al omstredenheid uitgelok oor die hoofkarakter se uitsprake oor raskwessies, die regering, en mediapersoonlikhede waarvan die name soms en soms nie verander is nie. Maar volgens Bloemhof is daar darem nog geen hofsake hangende nie.

Kirsten het in gesprek met die eksentrieke reisskrywer, Johan Bakkes, gesê ‘n voormalige vroulike redakteur van NB-uitgewers het hom gevra om ‘n boek te skryf toe hy nog ‘n motorjoernalis was. Hy het nie geweet waar om te begin nie. Toe skep hy ‘n storie oor die karakter Lourens Erasmus wat per abuis gevra word om ‘n roman te skryf en sukkel om dit te doen.

Lourens se polities-inkorrekte stellings het sommige kritici se hare laat rys, maar Kirsten meen daar is wel mense wat soos sy karakter dink en voel. “Buitendien is die karakter nie ‘n rasis nie. Hy het diep gesprekke met swart mense en voel empatie vir hulle,” het hy gesê.

Die boek gaan volgens hom eintlik oor ‘n wit Suid-Afrikaanse man se soeke na identiteit. “In Europa sien hulle ons as Afrikane,” het hy gesê, “maar hier word ons, wanneer dit die regering pas, nog as Europeërs gesien.” Verder het Kirsten gesê die boek is nie slegs negatief oor Suid-Afrika soos sommige mense dink nie.

Bakkes vind die boek baie snaaks en hy is gaande oor die manier waarop niemand Kirsten se vlymskerp pen ontglip nie. “Ek dink dit is ‘n blerrie goeie boek,” het hy gesê.

Galery

Kallie Kirsten en Elmine Berry Liezl Dick en Deborah Steinmair Lodie de Jager en Miranda Kirsten Ortrud Pakendorf en Klaus Pakendorf Suzette Kotzé-Myburgh en Jacques Myburgh Aldri van Jaarsveld en Isél van der Merwe Christo Lategan en Jo Coetzee Elize Wagenaar en Gerdus Wagenaar Elmarie van der Spuy en Giepie van der Spuy Jaco Liebenberg en Theron van Dyk Johan Bakkes, Etienne Bloemhof en Jaco Kirsten

Johan Bakkes Jaco Kirsten Jaco Kirsten

Om na 'n wit plafon te staarBoekbesonderhede

 

Please register or log in to comment