Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

NB

@ Sunday Times Books LIVE

Nuwe kortverhaalbundel: Kortetjies en ‘n lange deur PG du Plessis

Kortetjies en 'n langeP.G du PlessisOnder die storievertellers is PG du Plessis ’n gerekende en bekende. Nie net op die TV of van die verhoog af nie, maar ook in koerantrubrieke en in die bundels wat reeds in boekvorm verskyn het. Baie van die stories is oorgewerk vir die TV en het in ‘n ander medium gestalte gekry (soos die onsterflike reeks Koöperasie-stories). Het olifante elmboë en Neklis, twee van sy vroegste kort-kortverhaalbundels, gaan nou onder ’n nuwe titel gesamentlik (en met nuwe verhale bygeskryf) ’n heruitgawe beleef.

Kortetjies en ‘n lange, die titel van die samestelling kom uit die ou slinger-luie van plaas-oproepe: Kortetjies en ‘n lange.

Maar nét ‘n heruitgawe is dit nie, want PG het, in sy eie woorde, “aan party stories gepeuter” – onder meer aan dié wat hy tydens sy verhoog-optredes (eers saam met Alexa Strachan en later met Ollie Viljoen, Valiant Swart en Pietman Geldenhuys) vertel het. Van hulle, so sê hy, het hy nou effens in die rêrige verteltrant van ’n verhoog af oorgeskryf, aangedik en verander – want die beperking van die koerante en tydskrifte was van sy nek af. Hulle lees dus anders, ligter en soms uitgesponne vir ’n eerste-aanhoor-verstaan. Dus trek die bepeuterdes allermins op “well-made”, gekristalliseerde kort-kortverhale. Dalk kan mens hulle, in die ware sin van die woord (weer uit PG se mond uit) rêrige bek-vertellings noem. Maar daar is ook die lange by: ’n rasegte kortverhaal wat met sy een voet in die Anglo-Boere-oorlog staan en met die ander een so tussen 1948 en vandag. “Ons mond”, heet hy en aan hom is daar nie ’n jota of tittel verander nie, omdat die verhaal – volgens PG – te waar van sy lewe en te heel in homself is.

Oor die skrywer

Pieter Georg (PG) du Plessis is op 14 Julie 1934 op Boshof in die Vrystaat gebore. Hy matrikuleer aan die Hoër Volkskool op Heidelberg. In 1955 behaal hy ’n BA-graad in Afrikaans-Nederlands en Geskiedenis aan die Universiteit van Pretoria. PG du Plessis behaal in 1966 sy doktorsgraad onder NP van Wyk Louw oor Die verwysing in die literatuur. Later is hy ’n direkteur by die RGN, eindredakteur van die tydskrif Standpunte, assistentredakteur van die dagblad Die Transvaler en ook redakteur van Hoofstad.

PG se eerste drama Die nag van legio verskyn in 1969. Hy ontvang die Hertzogprys vir drama in 1972 vir Legio en Siener in die suburbs. Hy word ook bekend vir Koöperasiestories wat tot TV-reeks verwerk is. Hy was die draaiboekskrywer vir die TV-reeks, Feast of the Uninvited, wat later verwerk is tot sy roman Fees van die ongenooides wat in 2008 verskyn het. PG du Plessis woon deesdae op sy plaas naby Rysmierbult in die Wes-Transvaal.

Boekbesonderhede

Foto uit LitNet

 

Please register or log in to comment