Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

NB

@ Sunday Times Books LIVE

Marita van der Vyver se Vergenoeg opgevoer by 2010 se KKNK

VergenoegMarita Van der Vyver Marita van der Vyver bly dalk in Frankryk maar haar invloed in Suid-Afrika is steeds sterk. Die geliefde skrywer se boek Vergenoeg is onlangs verwerk vir die planke en sal vanjaar by die KKNK te siene wees. Met die briljante skrywer se werk as ruggraat en bekende akteurs soos Sandra Prinsloo en Milan Murray beloof die stuk om ‘n dawerende sukses te wees.

’n Verwerking van Marita van der Vyver se boek Vergenoeg word as ’n musiekteater-produksie op vanjaar se KKNK opgevoer.

Die spelers is San dra Prinsloo, Milan Murray en Alexa Strachan, wat ook die teks vir die verhoog verwerk het.

Herman van den Berg (in die Vrystaat bekend vir sy Brel-vertolkings) het die musiek vir die produksie geskryf.

“Dis vir my so lekker dat die boek nou ’n tweede lewe kry,” het Van der Vyver op ’n onlangse besoek aan Kaapstad oor die produksie gesê.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment