Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

NB

@ Sunday Times Books LIVE

Nuwe Marita van der Vyver: Dis koue kos, skat

Dis koue kos, skatJust Dessert, DearMarita van der Vyver se jongste is die vertroude gehalte in ’n splinternuwe gedaante – dis ’n briefroman! Dis koue kos, skat is die briewe en e-pos van ’n vrou in haar liefde verlaat; dit is briewe wat gil van woede, pleit om begrip en skreeu om wraak.

Die verhaal ontvou in korrespondensie wat oor ’n dekade geskryf is – aan ’n ontroue man en vriendinne. Clara Brand se man, Bernard, verlaat haar vir Anaïs, een van Clara se beste vriendinne. Die briewe wys die verskeie “stasies”van Clara se herstelproses: woede, aanvaarding, nuwe vryheid, herstel van haar sekslewe, hernieude bande met haar eks-man, die deurlopende poging om haar kinders normaal groot te maak. Uiteindelik eindig Bernard se tweede huwelik ook op die rotse (nie deur Clara se toedoen nie), en wanneer hy weer tot haar toenadering soek, besef sy dat sy uiteindelik finaal van hom verlos is, en as gewone vriendin saam met hom sal kan aansit vir ’n ete.

Dis koue kos, skat is ’n vreeslose ontboeseming; dit is slim, genuanseerd en gesofistikeerd. Dit is ’n eerlike, lewensgetroue en verkwiklike uitbeelding van Graham Greense se uitspraak: “We do not have to win the battle of the sexes, we merely have to survive it.”

Oor die outeur

Marita van der Vyver is op 6 Mei 1958 in Kaapstad gebore. In haar matriekjaar (aan die Hoërskool Nelspruit) 1975, wat ook die Afrikaanse Eeufeesjaar is, wen sy ’n landwye digkunswedstryd en slaan so ’n studiebeurs van vier jaar los. In 1978 behaal sy ’n BA-graad met tale en drama en in 1979 ’n honneurs in joernalistiek aan die Universiteit van Stellenbosch. ’n Paar jaar later ontvang sy ’n meestersgraad in joernalistiek. Sy werk as joernalis by Die Burger en Sarie totdat sy in 1987 die vryskutlewe aanpak. Sy debuteer in 1982 met die kinderboek Van jou jas, maar dis haar eerste boek vir volwassenes die opspraakwekkende Griet skryf ’n sprokie in 1992 wat ’n blitsverkoper is en vele herdrukke beleef. Die roman is met die M-Net-prys, ATKV-prys en die Eugène Marais-prys bekroon.

Vir haar kinder- en jeugboeke word sy onder meer met die Tienie Holloway-medalje, die MER-prys en die Sanlam-prys vir jeuglektuur bekroon. Haar roman Wegkomkansis hoofsaaklik geskryf tydens haar sabbatsjaar (1996/97) in die suide van Frankryk. Sedert 1999 woon Marita saam met haar Franse man, Alain, en vier kinders op die Franse platteland.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment