Melanie Grobler praat oor ‘n ongepubliseerde gedig “Die eerste vrees is hier”
Ná ‘n besoek aan Rwanda waartydens sy die vele plekke van die menseslagting van 1994 besoek het, het Melanie Grobler gewonder of enige gedig die omvang van só ‘n gebeurtenis kan verwoord.
Tog het sy gevoel sy moes probeer en só het die gedig “Die eerste vrees is hier” ontstaan. “Stemme en liedere sal nooit weer oor hierdie kliphuisies drup nie / want ou vroue dra reeds hul drome na oggendwolke getint met bloed.”
Dié gedig kan nou op Versindaba gelees word, waar Grobler ook vrae oor die gedig beantwoord.
Kon jy dié bepaalde gedig vinnig tot in sy finale vorm afrond, of het dit deur verskeie weergawes na sy finale vorm ontwikkel?
Ek het die eerste gedagtes oor die Menseslagting reeds in die restaurant Heaven, in Kigali, in ʼn notaboek opgeteken en alhoewel ek ses weke daar was en die geleentheid gehad om daardie notas te omdig, kon ek nie. Ek het wel ʼn titel vir ʼn gedig gehad. Terug in Pringlebaai het ek ʼn onverwerkte vers geskryf en dit in ʼn legger vir onvoltooide werk op die rekenaar gebêre.
Boekbesonderhede
- Die Waterbreker deur Melanie Grobler
EAN: 9780624042297
Find this book with BOOK Finder!













Please register or log in to comment