Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

NB

@ Sunday Times Books LIVE

Ligloop – ‘n nuwe digbundel deur Tom Gouws

LigloopLigloop, Tom Gouws se vierde bundel bestaan uit vier afdelings: “delftse doek”; “tentatief”; “kroniek van elia in afrika” en “jerusalemgangers revisited”. In “delftse doek” val die fokus op die Delftse skilder Vermeer se werke.

Christenskap, die “tentatiewe” aard van die liggaamlike en die Christen en Afrikaner se rol in Afrika vorm verdere deurlopende motiewe in die bundel.

Die styl is kenmerkend Gouws s’n. Die intellektuele en visioenêre speel ’n belangrike rol en die digter maak gebruik van klankspel, woordspel, die benutting van vaste vorme en intertekstuele verwysings, toespelings en aanhalings.

Oor die outeur

Tom Gouws se vorige bundels is Diaspora, Troglodiet en Syspoor. Hy doseer aan die Universiteite van Potchefstroom, Pretoria, Bophuthatswana en Noordwes en is tans verbonde aan die JC Group of Companies in Pretoria. Tom en sy vrou Retha en hul ses kinders woon op ’n plasie in Hartbeespoortdam.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment