Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

NB

@ Books LIVE

Hilda en Matrone stel 7de Laan kook in Kaapstad bekend

Annelisa Weiland (Hilda) en Annelize van der Ryst (Matrone)

Hilda se dadelvingers is beproef!

Annelize van der Ryst (Matrone) en Annelisa Weiland (Hilda)7de Laan KookCook with 7de LaanDie aanhangers van 7de Laan loop nie maklik ‘n episode van dié gewilde sepie mis nie, maar Vrydagaand was ‘n uitsondering.

Talle aanhangers het hul plek voor die kassie verlaat om Matrone en Hilda by Exclusive Books in die V&A Waterfront in lewende lywe te sien. Annelize van der Ryst (Matrone Netta Nortje) en Annelisa Weiland (Hilda) het die resepteboek 7de Laan kook (Cook with 7de Laan) daar bekendgestel.

Van der Ryst en Weiland is oorval deur mense wat foto’s saam met dié twee wou neem, nog voordat hulle behoorlik by die deur van die boekwinkel kon inkom.

In 7de Laan kook is sewe van die gewildste karakters, insluitende Matrone en Hilda, se resepte versamel. Baie van die disse wat gereeld in 7de Laan geëet word, byvoorbeeld Hilda se Sunrise Surprise Special en Charmaine se hoenderbrijani, kan in dié boek gevind word.

“Ons het gedurende die maak van die boek aan Hilda se dadelvingers by die werk gesmul,” het Eloise Wessels, besturende direkteur van NB Uitgewers by die geleentheid vertel. “Hierdie is nie ‘n gimmick nie. Dis regte resepte wat beproef is.”

Kerneels Breytenbach, spookskrywer van die kookboek, het erken dat hy ook ‘n “7de Laan-junkie” is. Hy meen die sukses van die program lê in die feit dat dié sepie oor die jare vir ons “’n spieël teenoor ons wêreld opgehou het”. Hy hoop die boek sal nog 40 jaar in druk wees.

Aan die einde van die aand het aanhangers tou gestaan sodat Weiland en Van der Ryst hul kopieë van 7de Laan kook moes teken. Om een episode mis te loop vir dié geleentheid was volgens hulle beslis die moeite werd – en hulle kon mos Sondag die omnibus kyk!

Facebook galery

Facebook galleryFacebook gallery

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment