Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

NB

@ Sunday Times Books LIVE

4de uitgawe van Fanie Olivier se bundel, Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte

Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigteDie vierde, uitgebreide uitgawe van Die Mooiste Afrikaanse Liefdesgedigte is nou chronologies georden, sodat lesers kan sien hoe die Afrikaanse liefdesgedig oor die afgelope eeu ontwikkel het. Daar is ’n nuttige outeursregister bygevoeg, sodat lesers steeds die werk van ’n spesifieke digter kan opsoek. Die nuwe uitgawe bevat 328 gedigte deur 100 digters en het ’n pragtige nuwe omslag.

“Met so ’n bloemlesing liefdesgedigte kan ’n uitgewer net so min ’n fout maak as ’n bakker wat besluit om ’n brood te verkoop” het Abraham de Vries by die verskyning van die eerste uitgawe gesê. En, “’n Pragtige geskenk – vir minnaars en ander mense” was Cecile Cilliers se woorde by die tweede uitgawe in 1992.

’n Geskenkboek sonder gelyke.

Oor die Outeur

Stephanus Petrus (Fanie) Olivier is op 23 Junie 1949 in Pretoria gebore. Hy matrikuleer aan die Hoërskool Port Natal in Durban. Na matriek studeer hy verder aan die Universiteit van Stellenbosch waar hy in 1972 ‘n MA-graad behaal. Hy verwerf verder die graad Litt Drs in Literatuurteorie aan die Universiteit van Utrecht en in 1985 die graad D Litt aan die Universiteit van Potchefstroom (onder toesig van TT Cloete). Hy was joernalis, en onderwyser op Graaff-Reinet en Louis Trichardt, asook dosent verbonde aan die Universiteite van Natal, Durban-Westville, Venda. Hy is tans professor in Afrikaans en Suid-Afrikaanse Studies by die Skool vir Engels van die Adam Mickiewicz-universiteit in Poznan, Pole waar hy ook tussen 2004 en 2006 was.

Sy eerste digbundel, Gom uit die sipres, het in 1971 verskyn. Daarna verskyn nog vier bundels: Om alleen te reis (1973), Paradysrigting van die wind (1976), Skimmellig, (1978) en Verklarings 1967-1987 (1988). Sy sesde digbundel, Apostroof, verskyn in 2010, na ‘n publikasiestilte van 21 jaar. Dit handel byna uitsluitlik oor die siekte en sterfte van sy geliefde vrou, Rike, en is aan haar opgedra.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment