Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

NB

@ Sunday Times Books LIVE

Nuwe keur uit Welma Odendaal se kortverhale: Vreemdeling

VreemdelingIndien ’n skrywer net elke 14 jaar publiseer, lewer die saamlees van al haar boeke iets merkwaardigs. Jy móét dit saam kan lees. Dit was een rede vir die samestelling van dié keur, Vreemdeling, om te wys hoe ’n oeuvre reageer op tyd en plek. Welma Odendaal is al vroeg bestempel as ’n alternatiewe stem.

Haar verhale handel dikwels oor die ontluiking van ’n eie stem; die ommekeer of komplisering van tradisionele magspole; ouer-kind-verhoudings; en die politieke implikasies van ’n alledaagse bestaan. Haar forte is suggestie: na dít wat net onder die oppervlak lê.

Oor die outeur

Welma Odendaal is op 21 Julie 1951 gebore. Sy debuteer in 1974 met die kortverhaalbundel, Getuie vir die naaktes. Een van haar bekendste kortverhale is “Mamy Blue en ek onthou”. In 1976 begin Welma en digter Rosa Keet met die tydskrif, Donga. Die tydskrif was baie polities gewaagd vir sy tyd en is ’n paar keer verban, en uiteindelik ook permanent in 1978. Welma se kortverhaalbundel, Keerkring, wat in 1977 verskyn het, is ook verban. In 1991 verskyn haar derde kortverhaalbundel, Verlate plekke. Agtien jaar later volg sy dit op met Landskap met diere (2009) wat by Human & Rousseau verskyn het.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment