Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

NB

@ Sunday Times Books LIVE

Huldeblyke aan Franz Kemp ná sy afsterwe

Sestig dae in Suid-SoedanJoernalis en skrywer Franz Kemp is op 6 Maart 2011 in die Flora-kliniek in Johannesburg oorlede.

Kemp het sy boek, 60 dae in die Suid-Soedan, wat verlede jaar verskyn het, klaargemaak terwyl hy sewe weke in isolasie in die hospitaal was, nadat beenmurgkanker op 10 November 2009 by hom gediagnoseer is. Die boek handel oor sy ervaringe in dié land nadat hy aangestel is om ‘n groep joernaliste daar op te lei.

As ‘n huldeblyk aan die ontslape Kemp het De Kat ‘n onderhoud, wat Renée Rautenbach met hom gevoer het, op hul webtuiste geplaas:

Franz Kemp ken nie van stilsit nie, sê hy self. Veral nie aan die verkeerde kant van die notaboek nie. Hý wil die vrae vra en as die aandag eerder op hom gevestig raak, begin hy kriewel en aan sy snorpunte draai. “Man, ek hou nie van die limelight nie. Ek is skaam.” Ons het ’n afspraak vir ’n “onderhoud” en beland ewe ordentlik in die presidentskamer by Foxwood House – onder die strengerige oë van presidente Steyn en Kruger én hul gades én hul nasate, maar besluit vinnig ons laat ons nie so maklik intimideer nie.

Franzkemp (een woord uitgespreek) is ’n vriend. ’n Tjommie. En as ’n vriendskap al by die veertig jaar trek, is ’n formele onderhoud met gemeenplasige vragies bykans onmoontlik. Daar is eerstens te veel wedersydse nuus om oor op te vang soos Reinet (sy Engel, sy muse) wat aan’t herstel is ná ’n operasie, die tropiese reënbuie wat als laat muf, sy hare wat langer is en nogal woes krul, kinders en sy kleinkinders se welstand, drome oor moontlike reise.

Kemp was voorheen Huisgenoot se buro-hoof in Johannesburg. Lees ook die huldeblyk wat Lucia Swart-Walters vir hom in Huisgenoot geskryf het:

Ek is seker vir almal wat hom geken het, is dit twee woorde wat ‘n magdom emosies en herinneringe oproep. Hopeloos te veel om te noem, maar genoeg dat jy onwillekeurig glimlag wanneer jy dit hoor.

Franz, die voormalige Huisgenoot buro-hoof in Johannesburg en gesoute koerantman, is gisteroggend dood. Hy het die afgelope jaar teen leukemie geveg en is uiteindelik weens ‘n longinfeksie in die Flora-kliniek in Johannesburg oorlede.

Die korrelkop het nie net diep spore in die joernalistiek getrap nie, maar in menigte joernalis en vriende se lewens.

Boekbesonderhede


Foto te danke aan Times Live

 

Please register or log in to comment