Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

NB

@ Books LIVE

Hertzogpryswenner Johann de Lange se vertaling van Liu Xiaobo (Plus: Joan Hambidge se commendatio)

Die algebra van noodJohann de Lange, aan wie die Hertzogprys verlede week vir sy bundel Die algebra van nood toegeken is, is een van die digters wat wêreldwyd teen die Nobelpryswenner vir vrede Liu Xiaobo se voortgesette huisarres in China protesteer.

As deel van ‘n veldtog om Xiaobo se gedigte in verskillende tale te vertaal, het De Lange “In the Company of Dust” in Afrikaans vertaal. Sy vertaling, “In die geselskap van stof” is by ‘n onlangse protesgeleentheid by die Book Lounge voorgelees.

Lees die vertaling hieronder:

In die geselskap van stof
- vir my vrou, wat dag na dag wag

Niks bly vir jou oor nie. Jy wag op my
in die geselskap van stof
wat opgaar in elke hoekie van ons huis –
jy hou die gordyne dig
sodat die sonlig nie jou stilte versteur nie.

Stof vul die woorde op die boekrak
die patrone op die tapyt
en jou briewe aan my –
jy los fyn spore van stof
met die punt van jou pen.
My oë brand by die lees daarvan.

Joan Hambidge het ná die toekenning van die Hertzogprys in Die Burger geskryf dat De Lange dikwels in gesprek met ander skrywers tree. Kritiek op Die algebra van nood dat dit te veel staatmaak op “bruikleen” mis volgens haar “die dwingende gesprek met ander digters; dit wat Harold Bloom so raak as ’n ‘anxiety of influence’ beskryf het”:

Akwarelle van die dors.

Dit is nie net die titel van Johann de Lange se debuutbundel nie, dit is ook hoe ’n mens sy ryk geskakeerde digkuns kan tipeer.

Dit is ’n digkuns van die ­paradoks, van ónvervulling, en juis hierom is daar ’n intense belewing van die oomblik én die skoonheid in verval.

Boekbesonderhede

~

Foto van Johann de Lange te danke aan Versindaba
Foto van Liu Xiaobo te danke aan The Global Herald

 

Please register or log in to comment