Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

NB

@ Sunday Times Books LIVE

Dana Snyman volg die spoor van die Snyman stam-vader

Op die toneelDana Snyman het Solms Delta tussen Paarl en Franschhoek besoek om meer uit te vind oor die Snyman stam-vader wat in die 1600′s die plaas besit het. Christoffel Snyman, “‘n bruin man”, was die seun van Groote Catrijn van Batavia en Hans Christoffel Schneider, ‘n Duitse soldaat. Snyman beplan om ‘n boek te skryf oor sy reise op die spoor van die Snymans.

Dit voel asof oorle Oupa en oorle Pa saam met my in die bakkie is toe ek tussen die wit mure by die plaas se ingang deur ry. Hier is nie ’n hek om oop te maak nie, en die pad na die opstal is geteer. Dit is ’n regte, historiese Bolandse wynlandgoed, sien ’n mens gou. Die opstal, ’n gewelhuis met ’n grasdak, staan tussen akkerbome. Hier is ’n kelder, ’n restaurant, ’n proelokaal en ’n museum, ’n kerkie en ’n klein begraafplaas.

In die parkeerterrein naby die opstal is ’n toerbus geparkeer, en op die grasperk voor die restaurant neem toeriste foto’s van mekaar. Ek hou naby die bus stil, maar ek klim nie dadelik uit die bakkie nie. Hierdie plaas, Solms Delta, was tot dusver vir my slegs ’n naam in boeke en dokumente in die Kaapse argief, en noudat ek die eerste keer hier is, weet ek nie mooi hoe om te voel nie.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment