Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

NB

@ Books LIVE

Nuwe, bygewerkte Pansegrouw-Superblokraaiwoordeboek nou beskikbaar

Pansegrouw SuperblokraaiwoordeboekHet jy al ooit gewonder hoeveel betekenisse ’n woord het wat jy daagliks gebruik? Of watter één woord in Afrikaans na ’n rugbyspeler én ’n wildsbok verwys? Het jy geweet dat ’n borsplaat ook botterkaramel genoem kan word? En om af te sterf met minstens twintig ander woorde in Afrikaans vervang kan word?

As jy nie die woord afransel wil gebruik nie, gee Pansegrouw-Superblokraaiwoordeboek meer as veertig ander woorde om van te kies.

Afrikaans se grootste en gewildste blokraaiwoordeboek, die Pansegrouw-Superblokraaiwoordeboek is nou omvattend bygewerk.

Boonop is hierdie woordeboek nie net ’n blokraaigids nie: dit bevat idiome en sinonieme, en selfs kriptiese leidrade mét oplossings.

Verskeie bronne is gebruik om die splinternuwe uitgawe by te werk. Gidse oor diere, voëls, (tuin)plante, selfs storieboeke en ou blokraaisels is deurgewerk om nuwe terme by te voeg, en terme wat nie in die vorige uitgawe opgeneem is nie, in te sluit.

Hierdie nuwe uitgawe geslaag daarin om die woordrykheid van ons Afrikaanse taal in een boek saam te vat – dié eenstop-naslaangids vir alle blokraailiefhebbers!

Oor die samestellers

Louisa Pansegrouw is geseën met ’n belangstelling in feitlik elke onderwerp onder die son en ’n lewenslange liefde vir die oplos van woord- en ander raaisels. Sy het oor meer as twintig jaar blokkiesraaisels in feitlik elke Afrikaanse tydskrif en koerant met ’n fynkam deurgegaan om die leidrade en oplossings te versamel en só op te teken dat dit blokraailiefhebbers help om in ’n kits daardie ontwykende antwoord op die mees obskure leidraad te vind.

Adri Burger was die jongste van 9 kinders toe sy op Meyerton gebore is. Sy het in die Cullinan-distrik grootgeword en in Bronkhorstspruit en Pretoria skoolgegaan. Sy is nog altyd versot op blokraaie en lees en wou net een naslaanbron hê waarmee sy haar blokraaie kon voltooi. Sy woon nou op Sasolburg, doen graag naaldwerk en het reeds tien kleinkinders.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment