Books LIVE

February

23

Close it

NB

@ Books LIVE

Archive for December, 2011

@NBPublishers Twitter Weekly Updates for 2011-12-25


» read article

JB Roux bekyk die interessante gegewens van Herman Charles Bosman se lewe

The Complete Voorkamer StoriesA Bosman CompanionJB Roux kyk sestig jaar ná die dood van die skrywer Herman Charles Bosman na die interessante gegewens van sy lewe, byvoorbeeld dat die man wat hy as sy oom geken het moontlik eintlik sy pa was, dat hy sy stiefbroer (per ongeluk?) doodgeskiet het, en dat hy jare lank onder ‘n skuilnaam met ene Vera Sawyer getroud was, maar nooit ‘n blyplek met haar gedeel het nie:

As dit so is dat ’n skrywer en sy werk nooit volkome los van mekaar staan nie en dat daar dikwels raakpunte tussen die werklikheid en fiksie is, is daar sekerlik baie wat ’n mens kan put uit die werk van Herman Charles Bosman.

Bosman se werk het soms ’n ernstige, somber kant. Selfs in sy ligter verhale skuil daar skadu’s. Dit laat die vermoede dat daar iets oor hom is waarvan min mense weet.

Boekbesonderhede


» read article

Video: Wim van der Berg gesels oor 150 Jaar van Suid-Afrikaanse rugby

150 Jaar van Suid-Afrikaanse RugbyNaas Botha was volgens Wim van der Berg die beste Suid-Afrikaanse rugbyspeler wat hy nog ooit sien speel het. Die “waardigste drie” in die geskiedenis van Suid-Afrikaanse rugby is volgens hom dié van Pierre Spies snr in 1975. Mannetjies Roux s’n in 1962 was net so pragtig.

Ja, daar is beslis baie hoogtepunte in ons land se rugbyloopbaan, meen Van der Berg. Kwêla het by hom gaan kuier om oor sy boek 150 Jaar van Suid-Afrikaanse rugby te gesels:

YouTube Preview Image

Boekbesonderhede


» read article

Video: Jakkals en Wolf en Mankepank leef op die skerm

Jakkal en WolfMankepank en ander verseSpeurhond Willem op reisSpeurhond Willem en die wilddiewe

‘n Paar pragtige kinderboeke met lieflike illustrasies het vanjaar die lig gesien, insluitende Jakkals en Wolf deur Pieter W Grobbelaar, met illustrasies deur Sean Verster, Mankepank en ander verse deur Antjie Krog, met illustrasies deur Diek Grobler en Speurhond Willem en die wilddiewe deur Elizabeth Wasserman, met illustrasies deur Chris Venter.

In die video hieronder lééf dié illustrasies: Sean Verster wys hoe hy sy tekeninge maak en ‘n animasie van Diek Grobler se prentjies speel op die maat van ‘n gedig uit Mankepank. Kyk die video:

YouTube Preview Image

Boekbesonderhede


» read article

Potgooi: Kerneels Breytenbach gesels oor Piekniek by Hangklip en Blou Maandag

Piekniek by HangklipBlou MaandagDie titel van Kerneels Breytenbach se nuwe roman, Piekniek by Hangklip, kom van ‘n Peter Weir-rolprent, Picnic at Hanging Rock.

“Destyds, in die kantoor by Die Burger, het ons daarna verwys as Piekniek by Hangklip, net om die film ‘n bietjie van ‘n plaaslike geur te gee,” het Breytenbach aan Joan Hambidge op die RSG-program Leeskring verduidelik. “Ek het toe gedink eendag moet ek die titel tog gebruik”.

Hy het dit as die werkstitel vir sy mees onlangse roman ingespan en toe die gebeure in die verhaal ‘n draai by Bettiesbaai en Kleinmond maak – die heldin vlug daarheen ná ‘n mislukte kaping waarin haar ouers gedood is – het die titel bestaansreg gekry.

In die potgooi hieronder gesels Breytenbach ook oor die bundel Blou Maandag, waarvan hy die samesteller is. “Iets wat as ‘n effens vreemde idee begin het, het op papier iets heeltemal anders geword en ek is verheug oor die soort bydraes wat daaruit gekom het,” sê hy:

 
icon for podpress  Kerneels Breytenbach gesels oor Piekniek by Hangklip en Blou Maandag: Play Now | Play in Popup | Download

Boekbesonderhede


» read article

Video: David Kramer en Dana Snyman gesels oor hul boeke

David KramerHiervandaanNicky and Lou

“Dis moeilik om ‘n lewe op te som,” sê David Kramer. Maar David Kramer: ‘n Biografie deur Dawid de Villiers en Mathilda Slabbert vat volgens hom sy lewe goed vas. “Dit gaan oor my musiek, teater, en my liefde vir die Afrikaanse taal en dít maak my baie bly.”

Dana Snyman gaan soek ander mense se stories op tydens sy reise, maar terwyl hy dié stories in sy nuwe boek, Hiervandaan, vertel, verklap hy ook iets oor homself.

Kramer en Snyman gesels oor hul boeke in die video hieronder, wat ook ‘n advertensie van Nataniël se nuutste, Nicky & Lou: 46 Stories, insluit:

YouTube Preview Image

Boekbesonderhede


» read article

NB-uitgewers se top 11 boeke vir Kersfees 2011

Eben Pienaar, reklamekoordineerder van NB-uitgewers, het ‘n lysie van 11 boeke saamgestel, wat beslis in die Kerskous moet kom:

7 DaeSirkusboereKronkelpadPiekniek by HangklipAbel se lotDie reise van Isobelle

Skool\'n Dorp soos Silwer StreamsBitter heuningBloedwaterDie rolbalspeler

Boekbesonderhede


Scribd.com book preview:

Sirkusboere


» read article

Carina Stander gesels oor Wildvreemd en haar kunsuitstalling by Lanzerac

WildvreemdCarina Stander het onlangs haar debuutroman, Wildvreemd, by Lanzerac in Stellenbosch bekendgestel met die opening van ‘n tentoonstelling van haar kunswerke wat op die roman gegrond is.

“Dit vorm ‘n spiraal,” het Stander aan Bibi Slippers verduidelik, “Eers het ek Wildvreemd in my gedagtes sien afspeel, soos ‘n fliek, toe het ek dit geskryf en nou is ek terug by die sien – die visuele kuns.” Die uitstalling is tot 9 Januarie 2012 by Lanzerac te sien.

Hallo Carina, en baie geluk met die verskyning van jou eerstelingroman, Wildvreemd. Kom ons begin by die begin: jy vertel in ’n onderhoud in Rapport dat die eerste sin van jou roman hom reeds tydens jou universiteitsdae by jou aangemeld het, sommer terwyl jy in die stort was. Ek het onlangs ’n gesprek bygewoon waar Ingrid Winterbach, Etienne van Heerden en André P Brink “Die begin en einde van die roman” bespreek het. Hierdie drie het almal die opinie gedeel dat daar nie werklik iets soos ’n Eerste Sin bestaan nie, dat ’n roman uit ’n idee voortspruit eerder as noodwendig uit ’n sin. Is jou destydse eerste sin nog steeds jou eerste sin? Is dit enigsins nog in die roman, of het die sin ontaard in ’n konsep waarrondom jy die boek gebou het?

Baie dankie vir die gelukwensing, Bibi.

Ek was negentien jaar oud, ’n tweedejaar-kunsstudent by Tuks, toe dié frase een oggend in my kop spring: “Stilte is ’n oergeluid.” Dit, het ek geweet, is die eerste sin van my eerstelingroman. Nie die openingsin nie, maar die sin wat die stemming van die hoofkarakter sou saamvat. Dit was soos om iemand vanuit ’n bewegende trein te sien, in die verbygaan, vlugtig, en dan telkens terug te keer na die perron tot mens mekaar op ’n dag uiteindelik raakloop.

Boekbesonderhede


» read article

@NBPublishers Twitter Weekly Updates for 2011-12-18


» read article

Johan Bakkes gesels oor Oepse daisy en sy reise na ongewone plekke

C Johan Bakkes

Oepse daisyC Johan Bakkes het al die warmste plek op aarde besoek – Dallol in die Danakil-depressie tussen Djiboeti, Ethiopië en Eritrea – waar die kwik tot 60 grade celsius styg. Hy het aan Stephanie Nieuwoudt gesê dat hy volgende die koudste plek, die dorpie Oimjakon in Siberië, wil besoek, waar temperature van -70 grade celsius gemeet word.

Bakkes is beslis nie ‘n reisiger wat by die gewone toeristebestemmings hou nie, soos blyk uit die stories in sy nuutste bundel reisvertellinge, Oepse daisy. “Ek is nie bang om in ’n sjebeen in te kruip of in ander gate rond te hang om mense te leer ken nie. Wanneer ek egter in ’n plek instap, maak ek seker ek groet die mense,” sê hy:

Dis Swart Dinsdag en Johan Bakkes is van kop tot toon in swart geklee waar hy jou in die straat voor sy huis in die Paarl inwag. Swart?broek, T- hemp met ?ongeskikte verwysing na die mitologiese Oedipus en dié se ma, en swart hoed. Daarby het hy ’n welige baard. Dis onmoontlik om hom mis te kyk.

Die onderhoud is gereël om oor sy boek, Oepse daisy, wat pas verskyn het en hoofsaaklik bestaan uit sketse wat hy vir MyTyd geskryf het, te gesels. Maar die gesprek spring rond – van kinders, huise en grootwordjare tot sy werk. En tussenin skink Johan wyn, rook hy die een sigaret ná die ander, spring op om dan dit, dan dat vir jou te wys. ’n Man wat nie kan stilsit nie.

Vra ‘n mens vir Bakkes wanneer hy op sy gelukkigste is, antwoord hy: “Gereeld alleen in my bakkie op ’n grondpad iewers in die dor wêrelde (Namibië/Karoo) met ’n koue bier tussen die bene en Heino wat oor die karspelertjie blêr”. Hy het antwoorde op die Proust-vraelys in Die Burger gegee:

Wat behels aardse geluk?
Die nóú en ’n glas koue Kaapse wit, ’n dikrib sissend op die kole en die son wat iewers in Suidwes sak.

Wat is die diepste put van ellende?
’n Vlug van 23 uur na Katmandoe – oorlat ek nie my pyp kan brandmaak nie.

Boekbesonderhede


» read article