Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

NB

@ Books LIVE

Resep uit Halfaampieskraal vier fees (Plus: ‘n Besoek aan die plaas)

Halfaampieskraal vier feesHalfaampieskraal CelebratesDie joernalis Maia du Plessis en die fotograaf Simon Scarboro is deur Jan-Georg Solms en Cobus Geldenhuys se plaas op Napier geïnspireer om die kookboek Halfaampieskraal vier fees (ook beskikbaar in Engels as Halfaampieskraal Celebrates) saam te stel.

In dié boek is foto’s van Solms se kreatiewe binnenshuisversiering en die resepte vir Geldenhuys se heerlike disse te vind.

Beeld het op die plaas gaan kuier om dit eerstehands te beleef. Lees die artikel oor hul besoek en kry die resep vir die smullekker sigeunerkasserol met bone en wors wat in die besonderse Club Havana op die plaas bedien word:

Daar’s nie verrassings om elke draai nie; daar’s een op elke tafel. Jan-Georg Solms, baas van die gasteplaas Halfaampieskraal naby Napier, hou van groepeer.

Ek brand om te vra wat kom uit sy ma se huis en wat hy en Cobus Geldenhuys self op hul reise bymekaargemaak het.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment