Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

NB

@ Books LIVE

Johan Bakkes gesels oor Oepse daisy en sy reise na ongewone plekke

C Johan Bakkes

Oepse daisyC Johan Bakkes het al die warmste plek op aarde besoek – Dallol in die Danakil-depressie tussen Djiboeti, Ethiopië en Eritrea – waar die kwik tot 60 grade celsius styg. Hy het aan Stephanie Nieuwoudt gesê dat hy volgende die koudste plek, die dorpie Oimjakon in Siberië, wil besoek, waar temperature van -70 grade celsius gemeet word.

Bakkes is beslis nie ‘n reisiger wat by die gewone toeristebestemmings hou nie, soos blyk uit die stories in sy nuutste bundel reisvertellinge, Oepse daisy. “Ek is nie bang om in ’n sjebeen in te kruip of in ander gate rond te hang om mense te leer ken nie. Wanneer ek egter in ’n plek instap, maak ek seker ek groet die mense,” sê hy:

Dis Swart Dinsdag en Johan Bakkes is van kop tot toon in swart geklee waar hy jou in die straat voor sy huis in die Paarl inwag. Swart?broek, T- hemp met ?ongeskikte verwysing na die mitologiese Oedipus en dié se ma, en swart hoed. Daarby het hy ’n welige baard. Dis onmoontlik om hom mis te kyk.

Die onderhoud is gereël om oor sy boek, Oepse daisy, wat pas verskyn het en hoofsaaklik bestaan uit sketse wat hy vir MyTyd geskryf het, te gesels. Maar die gesprek spring rond – van kinders, huise en grootwordjare tot sy werk. En tussenin skink Johan wyn, rook hy die een sigaret ná die ander, spring op om dan dit, dan dat vir jou te wys. ’n Man wat nie kan stilsit nie.

Vra ‘n mens vir Bakkes wanneer hy op sy gelukkigste is, antwoord hy: “Gereeld alleen in my bakkie op ’n grondpad iewers in die dor wêrelde (Namibië/Karoo) met ’n koue bier tussen die bene en Heino wat oor die karspelertjie blêr”. Hy het antwoorde op die Proust-vraelys in Die Burger gegee:

Wat behels aardse geluk?
Die nóú en ’n glas koue Kaapse wit, ’n dikrib sissend op die kole en die son wat iewers in Suidwes sak.

Wat is die diepste put van ellende?
’n Vlug van 23 uur na Katmandoe – oorlat ek nie my pyp kan brandmaak nie.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment