Carina Stander gesels oor Wildvreemd en haar kunsuitstalling by Lanzerac
Carina Stander het onlangs haar debuutroman, Wildvreemd, by Lanzerac in Stellenbosch bekendgestel met die opening van ‘n tentoonstelling van haar kunswerke wat op die roman gegrond is.
“Dit vorm ‘n spiraal,” het Stander aan Bibi Slippers verduidelik, “Eers het ek Wildvreemd in my gedagtes sien afspeel, soos ‘n fliek, toe het ek dit geskryf en nou is ek terug by die sien – die visuele kuns.” Die uitstalling is tot 9 Januarie 2012 by Lanzerac te sien.
Hallo Carina, en baie geluk met die verskyning van jou eerstelingroman, Wildvreemd. Kom ons begin by die begin: jy vertel in ’n onderhoud in Rapport dat die eerste sin van jou roman hom reeds tydens jou universiteitsdae by jou aangemeld het, sommer terwyl jy in die stort was. Ek het onlangs ’n gesprek bygewoon waar Ingrid Winterbach, Etienne van Heerden en André P Brink “Die begin en einde van die roman” bespreek het. Hierdie drie het almal die opinie gedeel dat daar nie werklik iets soos ’n Eerste Sin bestaan nie, dat ’n roman uit ’n idee voortspruit eerder as noodwendig uit ’n sin. Is jou destydse eerste sin nog steeds jou eerste sin? Is dit enigsins nog in die roman, of het die sin ontaard in ’n konsep waarrondom jy die boek gebou het?
Baie dankie vir die gelukwensing, Bibi.Ek was negentien jaar oud, ’n tweedejaar-kunsstudent by Tuks, toe dié frase een oggend in my kop spring: “Stilte is ’n oergeluid.” Dit, het ek geweet, is die eerste sin van my eerstelingroman. Nie die openingsin nie, maar die sin wat die stemming van die hoofkarakter sou saamvat. Dit was soos om iemand vanuit ’n bewegende trein te sien, in die verbygaan, vlugtig, en dan telkens terug te keer na die perron tot mens mekaar op ’n dag uiteindelik raakloop.
Boekbesonderhede
- Wildvreemd deur Carina Stander
Boek se tuisblad
EAN: 9780624053392
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!














Please register or log in to comment