Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

NB

@ Books LIVE

Archive for December, 2011

Video: Sakereus Jannie Mouton gee raad aan mense wat ‘n “laagtepunt” in hul loopbaan beleef

Jannie Mouton: En toe fire hulle myJannie Mouton: And Then They Fired MeJannie Mouton is op 48-jarige ouderdom in die pad gesteek as besturende direkteur van ‘n maatskappy wat hy help stig het. Hy het egter nie ná die terugslag gaan lê nie.

In sy biografie, Jannie Mouton: “En toe fire hulle my”, vertel Carie Maas hoe Mouton ná sy afdanking, binne 15 jaar, ‘n nuwe maatskappy, die PSG-groep, opgebou het, wat vandag een van die top-40 maatskappye op die JSE is.

In die video hieronder gee Mouton raad aan almal wat “‘n laagtepunt” in hul loopbaan beleef. “Jy moet die tyd by die huis gebruik om te lees, en lees, en lees en te dink en dink en ‘n plan op te stel van hoe jy die toekoms sien”:

YouTube Preview Image

Boekbesonderhede


» read article

Pieter W Grobbelaar gesels oor Jakkals en Wolf en Kampvuurstories

Jakkal en WolfKampvuurstoriesPieter W Grobbelaar se versameling volksverhale Jakkals en Wolf is onlangs deur NB-uitgewers heruitgegee en kort daarvoor het ‘n keur uit sy stories, hoofsaaklik uit die tydskrif Ons Klyntji, in die bundel Kampvuurstories verskyn.

Murray la Vita het by “die belangrikste verteller van Suid-Afrikaanse volksverhale”, met byna 200 kinder- en jeugboeke op sy kerfstok, gaan kuier:

Hoekom, wonder ’n mens aanvanklik, is daar op die marmerkaggelrak in Pieter W. Grobbelaar (80) se studeerkamer ’n Pink Panther, ’n koei, ’n varkie, ’n beertjie en ’n golliwog?

Hierdie speelgoed tussen al die rakke en rakke vol óú, kosbare boeke: ’n vroeë uitgawe van die Encyclopaedia Britannica, die versamelde werke van Vondel, van Totius, van Langenhoven . . . 

“Dis nou wat bewonderaars vir my stuur,” sê die man wat beskou word as die belangrikste verteller van Suid-Afrikaanse volksverhale. Ek tref hom agter sy lessenaar aan. Hy is steeds besig met die neerpen van volkswysies en -rympies hier in die groot Victoriaanse huis in Wellington.

Boekbesonderhede

Foto te danke aan Die Burger


» read article

Tom Learmont Discusses Writing on Location and Historical Veracity in Speculative Fiction

Light Across TimeTom Learmont, author of Light Across Time, spoke to Nick Wood about the challenges of writing a love story using scientific speculation as a backdrop. Learmont reveals that he often writes on location and conducts thorough research of the historical locations. To achieve the “first hand experience” of Calais in the 1530s, Learmont says he referred to the “Lyell papers” , which he bought for R10 from Pick ‘n Pay:

I picked Tom Learmont up from Finchley Central tube station in North London and we made our way to a nearby pub for a conversation. Tom asked if this was my ‘local’ and I professed to not yet culturally assimilating into Britain, even after 13 years — the pub had been chosen purely for convenience’s sake — and was empty, bar a couple of people and a pile of discarded bottles! It must have seemed like a far-cry indeed from the reported vibrancy of his more familiar drinking space, the Radium Beer Hall in Johannesburg: http://www.theradium.co.za/

In good spirit though, Tom did not let the dullness of our surroundings phase him and we passed the time in lively conversation, while he nursed a pint of the local bitter. Tom spoke initially of the immediate inspiration for Light Across Time — he’d been gripped by Philip Jose Farmer’s book Tarzan Alive, which uses a biographical and scientific approach to transfer the legend of Tarzan into the realm of apparent credibility. Tom himself had a freewheeling range of ideas linking evolution and the geology of ‘weird events’ — such as strange lights and reported alien visitations — into a scientific narrative, providing the dramatic backdrop for a love story.

Book details


» read article

Video: Dana Snyman lees voor uit Hiervandaan (Plus: Verslag van twee optredes in die Boland)

HiervandaanIn een van die reisverhale wat in Dana Snyman se nuwe boek, Hiervandaan, versamel is, vertel hy van sy besoek aan president Jacob Zuma se tuisdorp, Nkandla. Dit was deel van sy reise om sy plek in Suid-Afrika te vind en om te verstaan wat in die land gebeur. Snyman wonder oor die “Nkandla” van die Afrikaner: ‘n sielkundige tuiste waar jy die vryheid het om dít wat vir jou belangrik is uit te leef.

Snyman het vir SARIE TV uit hierdie verhaal voorgelees:

YouTube Preview Image

Snyman het onlangs sy boek by The Book Lounge in Kaapstad en by Protea Boekwinkel op Stellenbosch bekendgestel. Francois Verster het die bekendstelling by Protea Boekwinkel bygewoon, sowel as ‘n aand van woord en klank, aangebied deur Snyman en Klopjag, op Wellington. Lees sy verslag:

Die naweek van 26 en 27 November was besonders vir die Boland: Dana Snyman het die Saterdagoggend by Protea se boekwinkel op Stellenbosch gesels oor sy nuwe boek, Hiervandaan. En Sondagaand was dit weer hy, en die musiekgroep Klopjag, wat Bolanders naby Wellington vermaak het. Die naweek was omtrent ’n snoesige storie, knus tussen twee Dana-buiteblaaie verpak.

By Protea Boekwinkel het Louis Esterhuizen iemand aangehaal: “Hiervandaan lees soos ’n roman.” Vir die meeste lesers is romans die hoogtepunt van literatuur. Punt. Hoewel dit dus as ’n kompliment bedoel is, is die feit dat Snyman juis nie romans skryf nie, die groter kompliment – want al lees die meeste mense eerder ’n roman as ’n kortverhaal- of reisbundel (altans in Suid-Afrika), is Dana Snyman se naam genoeg om hulle tot koop en lees te kry. Ek was onlangs met ’n uitgewer in gesprek wat presies dít gesê het: Dana se náám verkóóp. Roman of nié roman nie.

Boekbesonderhede


» read article

@NBPublishers Twitter Weekly Updates for 2011-12-11


» read article

Johan van Zyl gesels met Louise Smit, skepper van Wielie Wielie Walie, Haas Das en meer

Wielie Wielie WalieHaas Das se NuuskasProfessor Fossilus en die Dinosourusse

Louise Smith het meer as 6000 kinderprogramme agter die blad, sowel as ongeveer twee dosyn kinderboeke, insluitende Wielie Wielie Walie, Haas Das se Nuuskas en Professor Fossilus en die Dinosourusse. Sy word in Januarie 72, maar, soos Johan van Zyl uitgevind het, sal sy jou van die vloer af dans en het sy ‘n “grasshopper brain wat so boink-boink rondspring”.

Smit sê dat sy “dom mense glad nie kan vat nie”, maar as sy kinders lekker wil laat lag, skep sy ‘n storie met “spanning tussen slim en dom”. “Kyk maar vir Karel Kraai en Sarel Seemonster,” sê sy:

Lank voordat jou vraag Louise Smit ’n es laat kap by haar studie- jare op Stellenbosch, wéét jy dit reeds: Iewers binne die moederowerste van plaaslike kinderprogramme soos Haas Das se Nuuskas, Wielie Walie, Mina Moo en Kie, Pumpkin Patch, Kideo en ’n blygeestige bende ander skuil ’n aktrieze wat vir álle oudisies – ook vanoggend s’n – haar beste voetjie voorsit. Nie noodwendig ’n gefrustréérde toneelspeler of een van die aanstellerige soort wie se naam jy in hoofletters moet skryf nie – eerder ’n vlytige, formeel opgeleide vryskut-toneelspeler wat oor die jare ’n paar trefferrolle inge- oefen het, soms vir die wis, meestal vir die onwis.

In die bestek van die skamele 20-of-wat meter van die hysbak, waar sy jou op die agtste verdieping inwag, tot by die voordeur van die ruim woonstel wat sy deel met haar man, die Duitse ingenieur Karl Wabel, maak jy kennis met Louise Smit, die voshaar-borrelbessie, Louise Smit die minsame kindertuin-onderwyseres, die fladderoog- koket, die voormalige predikantsvrou, die guitige grapjas, die ywerige ouma, die diep- donker-stem-ek-het-drama-ge-swot-kom-ons-doen-Periandros-van-Korinthe-dramajuffrou, die hardekoejawel-sakevrou, die wederhelf met die wilgerlatlyf.

Book details


» read article

Potgooie: Andries Samuel lees gedigte voor uit Wanpraktyk (Plus: Skryf oor sy invloede)

Andries Samuel

Andries Samuel het vroeër vanjaar met die digbundel Wanpraktyk gedebuteer. Wil jy meer oor hierdie nuwe digter en sy werk te wete kom? Luister dan hieronder hoe Samuel self gedigte uit sy bundel voorlees en lees daarna oor die kunstenaars wat ‘n invloed op hom gehad het:

Samuel het onlangs in Beeld geskryf oor die “donkergrys Sony-kasset” wat sy ma, die digter Antjie Krog, vir hom in st. 5 bymekaar gesit het en die invloed wat die Bob Dylan-snitte “geboekstut tussen ander, nou vergete musiek” op hom gehad het. Saam met Dylan het David Kramer en die skepper van Kuifie, Hergé, die grootste indruk op Samuel as woordkunstenaar gemaak:

Dit is opvallend dat die skrywers (of sal ek hulle eerder beeldmakers of beeld-vakmanne noem) wat ek in my lewe belangrik gevind het, almal op die oomblik intense aandag geniet.

Sê maar dis sinchronisties, hoewel ek ook sukkel met die idee dat my smaak ietwat banaal of verbeeldingloos is.

Wanpraktyk
Boekbesonderhede


» read article

Videos: Deon Meyer gesels oor 7 Dae en Kom eet! op Kwela

7 DaeKom eet!Toe Deon Meyer op universiteit sy gedigte aan sy vriend Coenie de Villiers gewys het, het nie een van hulle geweet dat hulle eendag bekendheid sou verwerf nie.

De Villiers, deesdae die aanbieder van die KykNET-program Kwêla, het Meyer hieraan herinner toe hy op die program verskyn het om oor sy nuwe misdaadroman 7 Dae en sy kookboek Kom eet! te gesels.

Daar is al bykans ‘n miljoen van Meyer se misdaadromans wêreldwyd in 26 verskillende tale verkoop. En blykbaar kan hy ook ‘n bietjie kook, alhoewel hy erken dat sy vrou, Anita, wat saam met hom die kookboek saamgestel het, ‘n beter kok is. “Vir my gaan dit eintlik oor die eet – moet nou nie ‘n fout maak nie!”

Boekbesonderhede


» read article

Videos en potgooi: Jeanne Els gesels oor selfmoord en As die stroom jou vat

As die stroom jou vatDie subtitel van Jeanne Els se boek As die stroom jou vat: Die raaisel van selfmoord verwys na die vrae waarmee familielede en vriende sit nadat ‘n geliefde selfmoord gepleeg het. Els het hierdie vrae gehad nadat haar pa, toe sy dertien jaar oud was, sy eie lewe geneem het.

Later is depressie ook by haar gediagnoseer en het sy self probeer om haar lewe te beëindig.

“Afgesien van die meelopers en die mense wat agterbly vir wie dit ‘n raaisel is, dink ek dis vir jouself, wat in sekerheid besluit dat jy jou eie lewe gaan neem, tot ‘n mate ook ‘n raaisel. Die lewe is ‘n geskenk en hier kies jy nou die dood, eerder as om daardie geskenk te aanvaar,” het Els in ‘n onderhoud op die KykNET-program Kwêla gesê:

YouTube Preview Image YouTube Preview Image

In As die stroom jou vat ondersoek Els die raaisel van selfmoord en gesels sy openhartig met ander bekendes wat probeer selfmoord pleeg het. Luister ook na die potgooi van Els se gesprek oor selfmoord en geloof op die RSG-program Kruis en Dwars:

 
icon for podpress  Jeanne Els gesels oor As die stroom jou vat: Play Now | Play in Popup | Download

Boekbesonderhede


» read article

Sonja Loots gesels oor haar navorsing vir Sirkusboere (Plus: Geskiedenis van agterryers)

SirkusboereSonja Loots het vir haar historiese roman Sirkusboere ‘n magdom navorsing gedoen oor die geskiedenis van Boereoorloggeneraals soos Ben Viljoen en Piet Cronjé wat ná die oorlog aan sirkusse in Amerika deelgeneem het.

Een van die boeke waarvan sy gebruik gemaak het, was JW Meijer se biografie Generaal Ben Viljoen: 1868 – 1917. Daarin het sy gelees dat Viljoen gejok het dat hy ná die oorlog die getrouheidseed afgelê het en dat hy tegelyk met twee vroue getroud was.

Loots het ook die taal van daardie tyd bestudeer in ou uitgawes van Die Patriot en Ons Klyntji en navorsing oor die Edwardiaanse leefstyl en kleredrag gedoen:

Sonja Loots se Sirkusboere is gegrond op die ware geskiedenis van die sirkusbaas Frank Fillis wat ná die Anglo-Boereoorlog, in 1904, ’n oorlogvertoning, oftewel ’n skouspel, na die Wêreldtentoonstelling in St. Louis, Amerika geneem het.

Twee oud-Boeregeneraals het hierin opgetree: Ben Viljoen (die aankondiger in Loots se roman) en Piet Cronjé. Die veldslag van Colenso en die Boere se nederlaag by Paardeberg is daagliks opgevoer met “egte oorlogsveterane met egte mausers” en selfs perde is afgerig om “dood” neer te slaan.

Loots se roman maak ook van die geskiedenis van agterryers gebruik wat verplig is om saam met hul “meesters” aan die sirkus deel te neem. Danie Marais het verder gaan ondersoek instel na hierdie geskiedenis:

Dié een stukkie dialoog uit Kevin Smith se kultusfliek Clerks (1994) wat my bybly, kom uit die gesprek tussen twee slackers (ambisielose rondhangers) Dante Hicks en Randall Grave oor die laaste Star Wars-prent, Return of the Jedi. Randall sê iets het hom altyd gepla toe Luke Skywalker se rebelle daardie Death Star so triomfantelik aan die gelukkige einde opgeblaas het, en nou weet hy wat dit is – dié ding was nog onder konstruksie. Wat van al die onafhanklike kontrakteurs?

Hoekom maak die aanwesigheid van onafhanklike kontrakteurs op ’n wapen van massavernietiging jou so ongemaklik, wil Dante weet. Randall antwoord: “Al daardie onskuldige loodgieters en ander werkers het gesterf terwyl hulle maar net hul jop gedoen het – die slagoffers van ’n oorlog waarmee hulle niks te doen gehad het nie.”

Sonja Loots se indrukwekkende nuwe historiese roman, Sirkusboere, het my opnuut aan Randall se insig herinner. Loots se bytende satiriese tragedie slaan jou stom met die absurditeite van die geskiedenis. Die verhaal wentel om die sirkusbaas Frank Fillis en die Boere-generaals Piet Cronjé en Ben Viljoen wat by 1904 se Wêreldskou in St. Louis veldslae uit die Anglo-Boereoorlog opgevoer het, onder meer die slag van Paardeberg waar Cronjé se nederlaag hom ’n veragte figuur onder sy eie mense gemaak het.

Boekbesonderhede


Scribd.com book preview:

Sirkusboere

Foto te danke aan Rapport


» read article