Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

NB

@ Books LIVE

Archive for January, 2012

Kirby van der Merwe en Tim Sandham bekyk Herman Charles Bosman se Johannesburg

A Bosman CompanionHerman Charles Bosman word meer gereeld met Groot Marico en die Bosveld verbind, maar volgens Tim Sandham, mede-samesteller van A Bosman Companion, het Bosman sowat 100 artikels en essays geskryf waarin elke nuanse van die Johannesburg van sy tyd vasgevang is.

Kirby van der Merwe het Bosman se spoor saam met Sandham deur Johannesburg gevolg. Hulle besoek Gracestraat 14 in Jeppestown waar die Bosman-gesin die eerste keer in Johannesburg kom woon het, die huis in Bellevue-Oos, Isipingo-straat 19, waar Bosman sy stiefbroer doodgeskiet het en die woonstel by nr. 88 in Pollystraat waar Bosman en sy tweede vrou, Ellaleen Manson, ’n ruk lank gewoon het.

Hul toer doen ook onder meer aan by Bosman se skool, Hoërskool Jeppe in Kensington, die Johannesburgse stadsbib­lioteek waar Bosman ure deurgebring het, en Ghandi-plein waar ‘n reuse-foto van Bosman teen een van die geboue pryk.

Ek en Tim Sandham is al van vroeg vanoggend op Herman Charles Bosman se spoor in Johannesburg se middestad. Al is Bosman se naam sinoniem met die Marico-distrik en karakters soos oom Schalk Lourens van die Bosveld, het hy die grootste deel van sy lewe in die Goudstad gewoon, gewerk en geskryf. “En hy is hier dood en begrawe,” sê Tim, saam met Craig MacKenzie die skrywer van A Bosman Companion – From Abjaterskop to Zwingli, wat onlangs hier verskyn het.

Ons staan in Bosman se alma mater, die Hoërskool Jeppe in Kensington, in die einste vertrek waaroor Bosman geskryf het in sy essay “Jeppe High Revisited”. Die nuwe skooljaar het pas begin, en die skool se gange is die ene rumoer. ’n Ouerpaar sit in die voorportaal om ’n kind te kom inskryf; elders klink vrolike kinderstemme uit ’n klas- kamer.

Boekbesonderhede

Foto te danke aan Beeld


» read article

Cook and Enjoy Surpasses Sales Milestone of 1 111 111 Copies

Cook and Enjoy1 111 111 copies of Cook and Enjoy sold!

Cook and Enjoy and Kook en geniet by SJA de Villiers have just surpassed the sales figure of 1 111 111. This extremely popular cookbook, published by Human & Rousseau (an imprint of NB Publishers) remains on the top seller list. “Cook and Enjoy is a household name in South Africa and is still a hit after more than 60 years,” says Eloise Wessels, CEO of NB Publishers, about the latest milestone.

Shortly after Cook and Enjoy was published in 1951, it became known as the “bible of cooking” for young Afrikaners. It has been reprinted several times in its old format. In 1992 Human & Rousseau published revised editions of the Afrikaans as well as the English version with the help of De Villiers.

The current edition of Cook and Enjoy was published in November 2009 by Human & Rousseau. De Villiers’s daughter, Eunice van der Berg, a home economist like her mother, worked through the text and modernised it where necessary without losing the essence of the Cook and Enjoy we all know and love.

~ ~ ~

Kook en Geniet1 111 111 eksemplare van Kook en geniet verkoop!

Kook en geniet en Cook and Enjoy deur SJA de Villiers het pas die verkoopsyfer van 1 111 111 oortref. Dié gesogte kookboek bly ononderbroke een van Human & Rousseau, ’n druknaam van NB-Uitgewers, se topverkopers. “Kook en geniet is ’n huishoudelike naam in Suid-Afrika en bly na meer as 60 jaar steeds ’n treffer,” sê Eloise Wessels, uitvoerende hoof van NB-Uitgewers oor die nuwe mylpaal.

Kook en geniet was uit die staanspoor bekend as die “Bybel van kookkuns” vir jong Afrikaners na die eerste publikasie in 1951. Dit het talle herdrukke in sy ou formaat beleef. In 1990 het Human & Rousseau die regte verkry om die kookboek in Afrikaans in sy ou formaat te publiseer, en in 1992 het ’n hersiene uitgawe van sowel die Afrikaanse as Engelse uitgawes met die hulp van De Villiers verskyn.

In November 2009 het Human & Rousseau ‘n nuwe bygewerkte uitgawe van Kook en geniet en Cook and Enjoy gepubliseer. De Villiers se dogter, Eunice van der Berg, ’n huishoudkundige soos haar ma, het deur die kopie gewerk en gemoderniseer waar nodig sonder dat die essensie van die Kook en geniet wat ons almal ken en lief het, verlore gaan.

Book details


» read article

Deon Maas gesels oor die opvolg op Witboy in Afrika

Deon Maas

Witboy in AfrikaDeon Maas is “heavy into” geskiedenis en agtergrond. As seun het hy gedurende skoolvakansies selfopgelegde take in die Kaapse argiewe oor geskiedkundige onderwerpe soos die Ku Klux Klan en Haile Selassie gedoen.

Dit is hierdie drang om sake in diepte te verstaan, wat daartoe gelei het dat Maas reisjoernalistiek, geskiedskrywing en outobiografie so goed in sy boek Witboy in Afrika kon kombineer.

Danie Marais het met Maas gesels oor die opvolg op Witboy in Afrika wat eersdaags verskyn en die wanopvattings wat oor hom as skrywer bestaan. Maas hou vol dat hy nie ‘n kwaadstoker is nie. “Ek wou nog altyd net mense aan die dink sit.”

‘Ek kom nooit Kaap toe sonder om hier te eet nie,” sê Deon Maas en slaan Minato se spyskaart oop. Dalk lyk ek effe bekommerd oor sy entoesiasme, want hy voeg dadelik by: “Vir soesji wat so oorspronklik soos hierdie plek s’n is, is dit regtig goedkoop. En ek eet nie baie nie. Ek gaan wel indulge in ’n Japannese bier. Maar jy moet die Crying Balls probeer. Hulle meng die rys met wasabi. Ongelooflik!”

Twee yskoue Kirins daag op en ons drink albei die eerste twee slukke in gewyde stilte. Die Kaap is in die sweterige greep van ’n wrede hittegolf, maar in die koel skemerte van Minato aan die einde van ’n stil stegie in Buitenstraat, kan ’n mens regtig nie kla nie. Die plek se dekor is duidelik min geskeel oor Kaapse modes en kontemporêre style. Daar’s bont Oosterse kimono’s teen die mure (ek raai Japannees, maar Deon meen die eienaars is eintlik Koreane) en die meubels is plastiekerig goedkoop maar gemaklik.

Boekbesonderhede


Scribd.com book preview:

Witboy in Afrika


Scribd.com book preview:

Witboy in Africa: Diary of a Troublemaker


» read article

@NBPublishers Twitter Weekly Updates for 2012-01-29


» read article

Potgooi: Johann Nel lees gedigte van Breyten Breytenbach voor

Breyten Breytenbach Johann Nel lees MM Walters se gedigte

Die windvangerDie beginsel van stofDie akteur Johann Nel het onlangs op die RSG-program Vers en Klank gedigte uit Breyten Breytenbach se bundel Die windvanger voorgelees.

Nel het spesifiek verse uit hierdie bundel gekies aangesien dit in 2008 met die Hertzogprys bekroon is en omdat “temas uit Breytenbach se vorige bundels in Die windvanger herhaal word”.

Luister na die potgooi:

 
icon for podpress  Johann Nel lees verse van Breyten Breytenbach: Play Now | Play in Popup | Download

Boekbesonderhede


» read article

Bernice van der Merwe Shares a Recipe for Vanilla Cupcakes

One-Two-Three On The TableBernice van der Merwe, assistant food editor at You and Huisgenoot and author of One-Two-Three On The Table, shares her recipe for vanilla cupcakes topped with vanilla butter icing with Expresso:

Ingredients:

1 ½ cups (375ml) flour
¾ cup (180ml) sugar
2 tsp baking powder
½ tsp salt
½ cup (125ml) milk
½ cup (125ml) oil
2 eggs
1 tsp vanilla essence

Method:

Sift dry ingredients together.
Add wet ingredients to the dry ingredients and beat well until smooth and creamy.

Book details


» read article

Speurhond Willem in die ruimte en ander prettige kinderboeke verskyn in Februarie

Speurhond Willem in die ruimte

Speurhond Willem in die ruimteNá hulle vorige avonture in Europa, die Indiese Oseaan en die Bosveld neem Willem en Adriaan se nuutste sending hulle dié keer na selfs meer onbekende terrein: die Internasionale Ruimtestasie!

Voor jy kan sê “gespikkelde spanjoel” is Willem en Adriaan op pad Baikonoer toe; in Kazakhstan, vanwaar hulle in ‘n Sojoes-ruimtetuig gelanseer word. Iets skort met die Internasionale Ruimtestasie se suurstof-toevoerstelsel. Kan dit wees dat ‘n saboteur hier doenig is?

Hierdie is die vierde boek in die reeks. Daar is ook:

Speurhond Willem op reis
Speurhond Willem en die seerowers
Speurhond Willem en die wilddiewe

Oor die outeur

Elizabeth Wasserman is professor en hoof van die afdeling Geneeskundige Mikrobiologie van die Universiteit van Stellenbosch se Tygerberg-kampus.

Sy is ook die skrywer van Meerkatrestaurant (LAPA, 2009). Haar eerste Speurhond Willem-storie is uitgedink en geskryf op vliegtuie, treine en kafeetafels gedurende twee Europese studiereise in 2008.

Hierna volg nog twee Speurhond Willem-avonture in 2011. Speurhond Willem in die ruimte is die vierde boek in die reeks. Willem, ‘n swart-en-wit spanjoel, woon regtig by Elizabeth en haar gesin in Welgedacht, naby Kaapstad.

My lig-die-flappie woordeboek

My lig-die-flappie woordeboekAl die flappies in hierdie boek sorg dat dit groot pret is om uit te vind watter woorde by watter prentjies pas. Dit is die ideale manier vir beginnerlesers om eerste woorde te oefen en te leer herken.

Daar is ook heelwat vir jonger kinders om te soek, te benoem en te bespreek, om eerste leesvaardighede en woordeskat te ontwikkel.

 

My lig-die-flappie telboek

My lig-die-flappie telboekHierdie pragtige boek help kinders om pas-, tel- en syfervaardighede te ontwikkel. Speel-speel leer hulle tot by vyf tel. Daar is meer as 80 flappies om op te lig en baie dinge om te ontdek, te benoem en te bespreek.

Perfek vir jonger kinders en beginnerlesers.

 

Diere-verskille

Diere-verskilleKinders word gefassineer deur dinge wat ekstreem is in hulle ervaringswêreld en hoe hierdie dinge met mekaar vergelyk – soos die grootste, die kleinste, die vinnigste, die stadigste, die slimste en die domste kreature in die wonderlike wêreld van die diereryk!

Hierdie boek beskryf en illustreer allerhande diere se karaktereienskappe en vergelyk dit met ander diere wat se eienskappe presies teenoorgesteld is.

Jong lesers kan hulle verstom aan tonne wonderlike feite oor diere van regoor die wêreld! Hierdie boek spog met pragtige aksiefoto’s van interessante diere en dieregedrag en sluit ook praktiese wenke in vir ouers en onderwysers oor leersame aktiwiteit en speletjies.

Boekbesonderhede


» read article

Louis Jansen van Vuuren beleef ‘n wit winter in Frankryk

TempermesTerwyl ons ‘n bloedige somer in Suid-Afrika beleef, het die sneeu uitgesak in Frankryk, waar die digter en beeldende kunstenaar Louis Jansen van Vuuren hom tans bevind. Hy skryf in besonder poëtiese taal – soms “apokalipties”, soms “humoristies” – oor die seisoensverandering.

“Ek het die winterboomskelette in die onaardse lig agterdogtig bekyk en versigtig ‘n sigaartjie opgesteek. Toe begin dit sneeu,” skryf Jansen van Vuuren en haal dan gedigte van Johann de Lange, Petra Müller en Joan Hambidge aan om dié belewenis te beskryf.

Net na twaalf verlede Dinsdagmiddag het die hemel grou-bruin word. Ek was tussen die huis en my ateljee wat op die solder van die perdestalle is. Dis aardig as die lug verbruin. Apokalipties. Dit ontstem ‘n mens, die aweregse verandering in die natuur, want mens is geprogrammeer om die blou van die hemel as vanselfsprekend te neem. Enige afwyking van die kleurpatroon is ontstellend. Ek kry dieselfde kriewelende gevoel wanneer ʼn DVD op ‘n kritieke oomblik begin bokspring – sulke elektroniese piepgeluidjies begin maak. Dis ‘n gedempte, bonatuurlike geluid wat klink of dit uit ‘n nes vol nylon kuikens kom. Dit gebeur nou die aand op ʼn kritieke oomblik toe die beheksende Milla Jovovich in The Messenger luidkeels skrou: “Volg My!”. Piep, piep-pweem en pwong. Alles breek toe in blokkies op en die lug word bruin. In die ou dae het ek dieselfde gevoel van naderende onheil en benoudheid beleef wanneer my pa se Hewlard Packard Super Eight Home Movie Projector oorverhit en die dun selluloïde film opkook (dit het gewoonlik oor ‘n lasplek op die film vasgehaak en gebrand – want my pa het self sy tuisprente ‘gesplice’). Die verbrande film het dan sulke flikkerende bruin kolle op die wit muur weerkaats. Selfs die rooi beetkolle op die damastafeldoek van ons Sondagmiddagete het sepia geword in die gestolde projektorlig. Die reuk sal my ook altyd bybly. Soet en brak. Amper soos iets wat mens stilletjies in jou mond wil steek, maar later spyt oor gaan wees.

Die lug oor die wintertuin het voor my oë in dieselfde onheilspellende brandkolbruin verkleur. Genadiglik sonder die reuk van smeulende plastiek – én die geskreeu wat gewoonlik daarmee saamgegaan het. Inteendeel, dit was onverstaanbaar stil. Ek het die winterboomskelette in die onaardse lig agterdogtig bekyk en versigtig ‘n sigaartjie opgesteek. Toe begin dit sneeu.

Boekbesonderhede

Foto te danke aan Versindaba


» read article

Nuwe boek in Christiaan Bakkes se Stoffel-reeks: Stoffel op safari

Die nuutste boek in Christiaan Bakkes se Stoffel-reeks, Stoffel op safari, verskyn in Februarie. Christiaan en sy broer Johan Bakkes gaan in Maart by die Woordfees oor hul nuwe boeke gesels:

Stoffel op safariVertelkuns soos dié van Christiaan Bakkes is skaars in Afrikaans. Sy nuutste bundel – reeds die sesde in die Stoffel-reeks – omvat weer eens ’n veelheid fasette van sy lewe in die wildernis van die Kaokoveld en Damaraland. Daar is boeiende diereverhale en hartverskeurende hondeverhale. Daar is die stories van gewone mense sowel as skatryk safarikliënte. Daar is soldateverhale en ’n eenmanrebellie. Daar is boeke, musiek en stukkies geskiedenis uit Afrika, Amerika en Europa. Daar is die navorsingswerk van sy vrou Nina en die avonture van sekerlik die dapperste Jack Russell ooit, Tier met die tien lewens.

Sedert die vorige Stoffel-bundel het veral een onderwerp in bewaringskringe op die voorgrond getree: renosterstropery. Bakkes spreek dit aan in drie verhale – insigryk, oorwoë én met humor.

’n Verhaal soos “Grense” toon by uitstek hoe hierdie skrywer nie bloot reis- of avontuurvertellings weergee nie, maar dat sy werk transendeer na iets meer, na die diepere betekenis van die ragfyn netwerk van verbintenisse waaruit ons lewe op hierdie planeet bestaan.

Oor die outeur

Christiaan Mathys Bakkes is in 3 Augustus 1965 op Vredenburg aan die Weskus gebore. Hy matrikuleer in 1983 aan die Pro Arte-kunsskool in Pretoria. Christiaan was ’n staptoerveldwagter in die Krugerwildtuin toe hy in Februarie 1994 sy linkerarm verloor het nadat twee krokodille hom aangeval het terwyl hy in ’n dam geswem het. Nadat hy herstel het, het hy vir vyf maande deur Afrika gereis, vir drie jaar vir die WWF in die Kaokoveld in Namibië gewerk, en daarna by ’n safari-maatskapphy wat ekotoere op die Skedelkus aanbied. Tans is hy gids en areabestuurder by Wilderness Safaris in Namibië. Hy en sy vrou Emsie woon in ’n tent in Damaraland in die noordweste van Namibië.

In 1998 het sy debuut, Die lang pad van Stoffel Mathysen, verskyn en daar het sedertdien reeds vier boeke oor sy alter ego, Stoffel, se avonture verskyn. Die meeste verhale is op werklike gebeure gebaseer.

Stoffel by die afdraaipad is in 2005 vir die M-Net-literêre prys vir tekste in kort formaat (kortverhale, kinder- en jeugboeke) benoem.

In 2008 het In Bushveld and Desert: A Game Ranger’s Life ’n keur en vertaling uit sy bundels verskyn.

Die reeks
Die lang pad van Stoffel Mathysen
Stoffel in die wildernis
Stoffel by die afdraaipad
Stoffel se veldnotas
Stoffel in Afrika
Stoffel op safari

Boekbesonderhede


» read article

Wat lees die digter Martina Klopper?

Martina Klopper

Nadoodse ondersoekMartina Klopper het inspirasie vir haar debuutdigbundel, Nadoodse ondersoek, by die poësie van Anne Sexton gevind. Klopper het aan Die Burger gesê sy bewonder Sexton se “systap van die verhewe poëtiese woord”, haar eenvoudige, treffende beelde en haar behendigheid met vorm. Die intieme inhoud van Sexton se digkuns, wat haar “depressie en vrouwees” dokumenteer, is natuurlik ook boeiend:

Ek was vertroud met Anne Sexton lank voordat ek haar poësie begin lees het.

Dis alombekend dat sy meer as een keer in psigiatriese instellings opgeneem is, dat sy gereeld selfmoord probeer pleeg het voordat sy in 1974 haar lewe geneem het, en dat die verhouding tussen haar en haar sielkundige sekere etiese kodes of reëls oortree het.

Behalwe die intieme, donker toonaard van Sexton se digkuns, is ek baie geïnteresseerd in haar tegniek, asook haar kreatiewe prosesse. Sy was selfkrities en kon maklik ’n gedig twintig keer oorskryf voor sy daarmee tevrede was.

Boekbesonderhede


» read article