Books LIVE

February

23

Close it

NB

@ Books LIVE

Archive for January 3rd, 2012

Ebbe Dommisse gesels oor Sir David Pieter de Villiers Graaff

Sir David Pieter de Villiers GraaffMet Sir David Pieter de villiers Graaff: Die erfridder van De Grendel het Ebbe Dommisse probeer om ‘n “vertolkende, kritiese biografie” te skryf. Hy het aan Boeke24 gesê: “As sakeleier-politikus was Graaff ‘n veel meer komplekse persoonlikheid as wat aanvanklik vermoed kon word”.

In die biografie vertel Dommisse hoe Graaff sy grootwordjare as arm plaasseun agtergelaat het en ‘n pionier in voedselverkoeling, charimatiese burgemeester van Kaapstad, Kabinetslid en die ontvanger van ‘n baronetskap van Koning George V geword het:

Dit het begin as ‘n “boekie oor my oupa” – ‘n versoek van Sir David Graaff. “Sodat die nageslagte op die De Grendel-wynlandgoed net buite Kaapstad iets begryp van waar hulle vandaan kom.”

Drie jaar later is Ebbe Dommisse se Sir David Pieter de Villiers Graaff – Die erfridder van De Grendel ‘n gesaghebbende biografie van ‘n merkwaardige man wie se lewe en werk ten nouste met die geskiedenis van die stad verweef is. Dié sprokie van ‘n arm plaasseun wat ná standerd drie deur ‘n ryk oom Kaapstad toe gebring word om in sy slaghuis te kom werk, speel aanvanklik af teen die agtergrond van die “stad van stanke” – ‘n plek met flou gasligte, riool wat langs die strate afvloei en bloed van die slagpale, die ou Shambles langs die Kaapse stasie, wat sommer in die see geloop het…

Boekbesonderhede


» read article