Potgooi: Joan Hambidge gesels met Fourie Botha en Martina Klopper oor hul digkuns
Vir Martina Klopper, wat met die digbundel Nadoodse ondersoek gedebuteer het, is die skryfproses die interessantste deel van digterwees, want “jy weet nooit hoe ‘n gedig gaan lyk voordat dit heeltemal klaar is nie”. Sy het in ‘n onderhoud, gelei deur Joan Hambidge, op die RSG-program Leeskring, gesĂȘ sy geniet dit om verras te staan oor wat geskep is.
Fourie Botha, wat ook aan die onderhoud deelgeneem het, beaam dat die finale gedig heeltemal ‘n ander vorm en betekenis kan aanneem as wat jy oorspronklik in gedagte gehad het. Die idee vir sommige gedigte in sy eerste bundel, Donkerkamer, kom van ou dagboekinskrywings, maar baie “lae” word tydens die skryfproses daartoe bygevoeg.
- Laai dit nie? Luister op RSG
Boekbesonderhede
- Donkerkamer deur Fourie Botha
Boektuisblad
EAN: 9780795800221
Find this book with BOOK Finder!
- Nadoodse ondersoek deur Martina Klopper
Boektuisblad
EAN: 9780798152242
Find this book with BOOK Finder!
» read article





