Books LIVE

February

23

Close it

NB

@ Books LIVE

Potgooi: Joan Hambidge gesels met Fourie Botha en Martina Klopper oor hul digkuns

DonkerkamerNadoodse ondersoekVir Martina Klopper, wat met die digbundel Nadoodse ondersoek gedebuteer het, is die skryfproses die interessantste deel van digterwees, want “jy weet nooit hoe ‘n gedig gaan lyk voordat dit heeltemal klaar is nie”. Sy het in ‘n onderhoud, gelei deur Joan Hambidge, op die RSG-program Leeskring, gesĂȘ sy geniet dit om verras te staan oor wat geskep is.

Fourie Botha, wat ook aan die onderhoud deelgeneem het, beaam dat die finale gedig heeltemal ‘n ander vorm en betekenis kan aanneem as wat jy oorspronklik in gedagte gehad het. Die idee vir sommige gedigte in sy eerste bundel, Donkerkamer, kom van ou dagboekinskrywings, maar baie “lae” word tydens die skryfproses daartoe bygevoeg.

 
icon for podpress  Fourie Botha en Martina Klopper: Play Now | Play in Popup | Download

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment