Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

NB

@ Books LIVE

Zain Eckleton vertel hoe hy Die rolbalspeler geskryf het

Die rolbalspelerZain Eckleton leef in ‘n “nagmerriewêreld tussen blind en amper blind”. Hy weet nie wat kleur is nie en slegs as die lig reg is, kan hy die silhoeët van ‘n mens sien. Tog het hy verlede jaar, op 53-jarige ouderdom, gedebuteer met die roman Die rolbalspeler.

Eckleton het aan Die Burger verduidelik hoe sy 11-jarige dogtertjie, Soraya, hom help deur sy skryfwerk vir hom te lees, nadat hy dit getik het:

‘Toe die uitgewer bel om te sê hulle aanvaar my manuskrip, was dit ’n week voor my vrou se dood.”

Sy donkerbril is ’n skans voor sy oë. Sy stem is ingehoue, sag. Net sy hande, gewoonlik netjies inmekaar gevou, soek oor die kaal tafeloppervlak.

Daardie dag het Zain Eckleton nog nie geweet sy vrou sou sterf nie. Net dat hy op 53 sou debuteer. “Jy kry so ’n stil gevoel,” onthou hy. “Jy voel nie te opgewonde of ekstaties nie. Dis net daai bevrediging: Dis gedoen.”

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment