Books LIVE

February

23

Close it

NB

@ Books LIVE

Archive for January 9th, 2012

Wat lees Chris Karsten, skrywer van die Abel-trilogie?

Abel se ontwakingDie eerste boek in Chris Karsten se spanningstrilogie, Abel se ontwaking, het verlede jaar twee ATKV-woordveertjies, naamlik die Prosaprys en die Prys vir Spanningslektuur, ontvang. Abel se lot, die tweede boek in die trilogie, het verlede jaar verskyn en Karsten se aanhangers sien uit na die laaste Abel-boek, wat vanjaar die lig sal sien.

Karsten sien self uit na sy gunstelingskrywer, Elmore Leonard, se nuutste roman, wat vanjaar in Februarie verskyn. Hy het aan Boeke24 vertel waarom hy ‘n bewonderaar van Leonard is:

Elmore Leonard is ’n cool ou dude wat oor ander cool dudes skryf; ’n alumnus van dié pulpskool wat luisterryke voor­gangers soos Lester Dent, Dashiell Hammett en Raymond Chandler opgelewer het – behalwe dat Leonard sy skryftande op Westerns geslyp het. Hombre, Valdez is Coming en Three-Ten to Yuma is steeds klassieke Wilde Weste-vertellings, en wie hou nie van ’n goeie skiet-skop-en-donder nie?

Met sy skuif na hardgebakte misdaad het Leonard die beproefde spelreëls vir die genre uitgedaag en die moderne misdaad­roman geskep, met ’n styl wat gekenmerk word deur, wel, die gebrek aan styl, sonder enige narratiewe inmenging deur die skrywer. (Die absolute teenpool van byvoorbeeld Hunter S. Thompson se gonzo-skryfwerk, waarin die skrywer ’n sentrale deel van die storie is.)

Boekbesonderhede


» read article