Potgooi: Joan Hambidge gesels met Sonja Loots oor Sirkusboere
Een van die groot uitdagings wat Sonja Loots ondervind het tydens die skryf van haar roman Sirkusboere was hoe om haar magdom historiese navorsing te interpreteer en in die verhaal te gebruik.
Loots het op die RSG-program Leeskring aan Joan Hambidge vertel dat sy vreeslik baie navorsing gedoen het oor die Boereoorloggeneraals Ben Viljoen en Piet Cronjé wat ná die oorlog aan ‘n sirkus in Amerika deelgeneem het, waar hulle hul grootste nederlae vir die skares moes opvoer.
“Maar êrens tussen die feite moet jy ‘n stem vind,” sê sy. “Ek het my eers vergewis van al die feite…maar toe moes ek verder gaan.” Luister na die potgooi:
- Laai dit nie? Luister op RSG
Boekbesonderhede
- Sirkusboere deur Sonja Loots
Boek se tuisblad
EAN: 9780624053354
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
Scribd.com book preview:
- Not loading? View in the Little White Bakkie e-books store
» read article





