Sakereus Jannie Mouton gesels oor sy biografie en sy planne vir 2012
Sakereus Jannie Mouton se maatskappy, PSG, wat hy begin het nadat hy uit sy vorige werk afgedank is, het al vele suksesse behaal. Carié Maas wy ‘n hoofstuk aan elk van die groot suksesverhale van PSG in haar biografie van dié sakeman, Jannie Mouton: “En toe fire hulle my”. Dit sluit in Capitec, PSG Investment Bank en Zeder.
Pieter Schoombee het met Mouton gesels oor sy planne vir 2012, wat ‘n toenemende fokus op PSG se Curro-skole insluit. Dit blyk dat die 65-jarige Mouton nog glad nie bereid is om af te tree nie:
Eerste indruk: Die voorsitter van PSG Group kom haal my self by Ontvangs; hy stuur nie sy sekretaresse nie.
Tweede indruk: Goeie handdruk, geen glimlag nie. Hy groet met net: “Jan Mouton.”
O, en ek het gedink dis “Jannie”. Dis wat daar staan, op die buiteblad van die boek oor hom wat Carié Maas geskryf het. (Jannie Mouton “en toe fire hulle my”, uitgegee deur Tafelberg en te koop teen R195.) Maar nouja, miskien is “Jannie” net vir sy vriende.
Book details
- Jannie Mouton: En toe fire hulle my by Carie Maas
Book homepage
EAN: 9780624049319
Find this book with BOOK Finder!
» read article

















