Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

NB

@ Sunday Times Books LIVE

Nuut van Hertzogpryswenner Johann de Lange: Vaarwel, my effens bevlekte held

Verlede jaar het Johann de Lange die Hertzogprys vir sy bundel Die algebra van nood gewen. In Februarie vanjaar verskyn sy nuutste bundel, Vaarwel, my effens bevlekte held:

Vaarwel, my effens bevlekte heldHertzogpryswenner De Lange se jongste gedigte getuig van ’n gevoeligheid en ’n diepte soos nog nie vantevore by hierdie digter nie. Met sy fokus op die mens én die natuur, boei De Lange die leser opnuut in toeganklike verse wat wissel van die elegiese tot die sardoniese. Die erns van die menslike drama van leef en sterf word telkens verlig met heerlike humor. Maar alhoewel die ironie aan die een kant spreek van onthulling, spreek dit andersyds van deernis.

Temas sluit in vryheid, afstand, skoonheid, dood, pyn, verlies, religie, seks. Van die erotiese gedigte spreek besonder sterk van die intensiteit van menslike verlange en eensaamheid. En oor alles heers die woord delikaat en kragtig gehanteer.

“’n Besondere bundel, meelewend én gedistansieerd, innig én kontrasterend, met humor én wrangheid, met beelding én ironie.” – Henning Snyman

Oor die outeur

Johann de Lange is op 22 Desember 1959 in Pretoria gebore. Hy matrikuleer in 1977 op Naboomspruit, waarna hy aan die Universiteit van Pretoria en UNISA studeer. Tydens sy studiejare aan die UP is hy stigterslid van die literêre tydskrif Ensovoort.

Hy debuteer in 1982 met die digbundel Akwarelle van die dors waarvoor hy in 1983 die Ingrid Jonker-prys ontvang. Sy vierde bundel, Wordende naak (1990), word met die Rapportprys vir Poësie bekroon in 1990.

In 1996 maak hy sy prosadebuut met Vreemder as fiksie. Sy eerste digbundel in 13 jaar, Die algebra van nood, het in Februarie 2009 verskyn.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment