Books LIVE

February

23

Close it

NB

@ Books LIVE

Speurhond Willem in die ruimte en ander prettige kinderboeke verskyn in Februarie

Speurhond Willem in die ruimte

Speurhond Willem in die ruimteNá hulle vorige avonture in Europa, die Indiese Oseaan en die Bosveld neem Willem en Adriaan se nuutste sending hulle dié keer na selfs meer onbekende terrein: die Internasionale Ruimtestasie!

Voor jy kan sê “gespikkelde spanjoel” is Willem en Adriaan op pad Baikonoer toe; in Kazakhstan, vanwaar hulle in ‘n Sojoes-ruimtetuig gelanseer word. Iets skort met die Internasionale Ruimtestasie se suurstof-toevoerstelsel. Kan dit wees dat ‘n saboteur hier doenig is?

Hierdie is die vierde boek in die reeks. Daar is ook:

Speurhond Willem op reis
Speurhond Willem en die seerowers
Speurhond Willem en die wilddiewe

Oor die outeur

Elizabeth Wasserman is professor en hoof van die afdeling Geneeskundige Mikrobiologie van die Universiteit van Stellenbosch se Tygerberg-kampus.

Sy is ook die skrywer van Meerkatrestaurant (LAPA, 2009). Haar eerste Speurhond Willem-storie is uitgedink en geskryf op vliegtuie, treine en kafeetafels gedurende twee Europese studiereise in 2008.

Hierna volg nog twee Speurhond Willem-avonture in 2011. Speurhond Willem in die ruimte is die vierde boek in die reeks. Willem, ‘n swart-en-wit spanjoel, woon regtig by Elizabeth en haar gesin in Welgedacht, naby Kaapstad.

My lig-die-flappie woordeboek

My lig-die-flappie woordeboekAl die flappies in hierdie boek sorg dat dit groot pret is om uit te vind watter woorde by watter prentjies pas. Dit is die ideale manier vir beginnerlesers om eerste woorde te oefen en te leer herken.

Daar is ook heelwat vir jonger kinders om te soek, te benoem en te bespreek, om eerste leesvaardighede en woordeskat te ontwikkel.

 

My lig-die-flappie telboek

My lig-die-flappie telboekHierdie pragtige boek help kinders om pas-, tel- en syfervaardighede te ontwikkel. Speel-speel leer hulle tot by vyf tel. Daar is meer as 80 flappies om op te lig en baie dinge om te ontdek, te benoem en te bespreek.

Perfek vir jonger kinders en beginnerlesers.

 

Diere-verskille

Diere-verskilleKinders word gefassineer deur dinge wat ekstreem is in hulle ervaringswêreld en hoe hierdie dinge met mekaar vergelyk – soos die grootste, die kleinste, die vinnigste, die stadigste, die slimste en die domste kreature in die wonderlike wêreld van die diereryk!

Hierdie boek beskryf en illustreer allerhande diere se karaktereienskappe en vergelyk dit met ander diere wat se eienskappe presies teenoorgesteld is.

Jong lesers kan hulle verstom aan tonne wonderlike feite oor diere van regoor die wêreld! Hierdie boek spog met pragtige aksiefoto’s van interessante diere en dieregedrag en sluit ook praktiese wenke in vir ouers en onderwysers oor leersame aktiwiteit en speletjies.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment