Nuwe Woordfees-optrede: Marita van der Vyver gesels oor haar komende roman

Nog ‘n wonderlike toevoeging tot die propvol Woordfeesprogram is hierdie week aangekondig toe Marita van der Vyver bevestig het dat sy vanuit Frankryk gaan kom om aan ‘n middagetegesprek oor haar komende roman deel te neem.
Op 7 Maart om 12:00 sal Van der Vyver saam met feesgangers aansit vir ‘n heerlik middagete by die Knorhoek-wynplaas. Haar uitgewer, Riana Barnard, sal met haar in gesprek tree oor haar nuwe roman wat in Oktober vanjaar verskyn. Van der Vyver gaan ook as beoordelaar vir die fees se WOORDtroFEE-toekennings optree.
’n Verrassing wag op boekliefhebbers by vanjaar se US Woordfees in die vorm van die gewilde skrywer Marita van der Vyver. Van der Vyver, wat deesdae in Frankryk woon, tree op as beoordelaar vir die fees se WOORDtroFEE-toekennings en gaan ook as spesiale feesgas oor ‘n plaasmiddagete oor haar nuwe roman gesels.
Dié gesprek vind plaas op 7 Maart op die Knorhoek-wynplaas. Haar uitgewer, Riana Barnard, gaan die gespreksleier wees.
Terwyl jy wag vir Van der Vyver om na Suid-Afrika te kom, kan jy solank met haar in kontak bly deur haar boekeblog te besoek. Van der Vyver het die skakel vir haar blog met LitNet gedeel, sowel as vyf ander webtuistes wat sy gereeld besoek en geniet:
1. Flavorwire
Interessante en amusante kulturele nuus, soos byvoorbeeld die 30 bitsigste aanmerkings wat beroemde skrywers oor ander beroemde skrywers gemaak het – eina!.2. Advanced Style
‘n Jong man dwaal daagliks deur die strate van New York en neem foto’s van stylvolle “bejaardes” tussen 70 en 100 jaar oud. Medisyne vir enigiemand wat bang is vir die ouderdom.
Boekbesonderhede
- Dis koue kos, skat deur Marita van der Vyver
Boek se tuisblad
EAN: 9780624048855
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Sommerkos in Provence deur Marita van der Vyver
Boek se tuisblad
EAN: 9780624047223
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!














Please register or log in to comment