Wil jy fiksie publiseer? Danie Marais en Francois Smith bied slypskool by KKNK aan
Die digter Danie Marais en vryskut-uitgewersredakteur Francois Smith se slypskool, getiteld “Wil jy fiksie publiseer?”, het verlede jaar so goed afgeloop dat hulle dit weer vanjaar gaan aanbied – dié keer by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK).
Beperkte plek is beskikbaar om individuele aandag aan elke deelnemer te verseker en dus moet jy eers vir die slypskool gekeur word. Om vir keuring in aanmerking te kom, moet jy teen 7 Maart ‘n kortverhaal of twee hoofstukke uit ‘n roman (minimum lengte: 2 000 woorde) aan dvanromb@nb.co.za stuur.
Besonderhede van die slypskool:
- Datum: Donderdag, 5 April tot Vrydag, 6 April 2012
- Plek: KKNK, Oudtshoorn (die lokaal sal later bevestig word)
- Koste: R1 500 (etes en verversings ingesluit)
- Navrae: Riana Barnard, rbarnard@tafelberg.com, 021 406 2757 of 082 344 8850
Boekbesonderhede
- Al is die maan ‘n misverstand deur Danie Marais
EAN: 9780624047612
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- ‘n Vrou gaan doktor toe deur Ray Kluun, vertaal deur Francois Smith
Boek se tuisblad
EAN: 9780624048947
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
» read article








