Fritz Deelman tree in gesprek met sy literêre nasaat, Anna Atoom

Anna Atoom, die hoofkarakter in Elizabeth Wasserman se nuwe jeugboekreeks, word gefrustreer deur skool, maar stel belang in tegnologie, wetenskap en bewaring.
Sy wil graag speurwerk doen en daarom het sy in Die Burger, met die hulp van haar “peetma” Wasserman, ‘n brief aan Fritz Deelman, die hoofkarakter in Leon Rousseau se gewilde speur- en avontuurreeks uit die 1950′s, geskryf. Deelman antwoord met behulp van sy eie “peetpa”, Rousseau:
Beste luitenant Frits Deelman,
My naam is Anna Atoom en ek bly op ’n eiland in die Indiese Oseaan, oos van Afrika. My ouers is wetenskaplikes en hoewel ek al baie ander slim mense ontmoet het, is jy my held. Eendag wil ek ook ’n speurder wees. Dink jy ek kan ook vir die Internasionale Veiligheidspolisie kom werk?Beste Anna,
Baie dankie vir jou kort brief. Ek was besonder bly om van jou te hoor, want ek het pas die eerste boek gelees wat jou peetma, prof. Wasserman, oor jou merkwaardige avonture geskryf het, en dadelik ’n bewonderaar geword.My eie peetpa, Leon Rousseau, sê jy is my literêre nasaat. Al wat die meeste mense van my weet, is wat in die agt boeke oor my geskryf staan. Hulle is nogal lank gelede geskryf.
Boekbesonderhede
- Anna Atoom en die seerower se dolk deur Elizabeth Wasserman
Boek se tuisblad
EAN: 9780624053323
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Fritz Deelman en die swart eiland deur Leon Rousseau
EAN: 9780798143950
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Fritz Deelman en die Suidpoolbende deur Leon Rousseau
EAN: 9780798144032
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Fritz Deelman en die groen dood deur Leon Rousseau
EAN: 9780798144117
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Fritz Deelman en die Gori Lama deur Leon Rousseau
EAN: 9780798144100
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Fritz Deelman en die woestynrowers deur Leon Rousseau
EAN: 9780798144254
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Fritz Deelman en die diepsee-duikbol deur Leon Rousseau
EAN: 9780798144049
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!













Please register or log in to comment