Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

NB

@ Books LIVE

Archive for February 23rd, 2012

Diek Grobler gesels oor sy illustrasies vir Antjie Krog se Mankepank en ander verse

Mankepank en ander verseDiek Grobler is “allergies vir niksseggende mooi prentjies”.

Hy het in ‘n onderhoud op LitNet aan Bibi Slippers gesê dat ‘n goeie illustrasie ‘n bydrae tot die teks moet lewer. Die leser moet “aan die hand van leidrade in die illustrasie op die storie kan voortborduur”.

Só werk Grobler se illustrasies saam met Antjie Krog se verse in Mankepank en ander verse om vir kinders (en ouers!) ‘n wonderlike leeservaring te gee.

Slippers het Glober ook oor sy werkswyse by die skep van hierdie illustrasies uitgevra. Lees die onderhoud wat as ‘n voorsmakie dien vir die Woordfees-gesprek wat op 10 Maart om 17:00 tussen Krog en Grobler sal plaasvind:

Diek, Mankepank en ander verse is nie jou eerste kreatiewe samewerking met ’n digter nie. Jou animasie-video’s van Danie Marais se gedigte is nog ’n voorbeeld. Is daar ook ander? Het jy ’n spesifieke voorliefde vir die digkuns, of is dit eerder selektiewe collaborations in gevalle waar die werk jou aantrek?

Elke geval is uniek – ek het nie ’n spesifieke passie vir poësie nie. Ek het wel ’n passie vir die goeie gebruik van woorde (ek het al projekte van die hand gewys omdat ek nie by die skryfstyl en taalgebruik aanklank kon vind nie). Ook prosa kan ek aangrypend mooi vind, terwyl ek baie gedigte vervelig vind. Nie alle poësie vra om visuele interpretasie nie. Soms sou ’n prentjie afbreuk doen aan die impak van woorde.

Boekbesonderhede

Foto’s te danke aan Mediawave en LitNet


» read article