Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

NB

@ Books LIVE

Etienne van Heerden gesels oor Haai Karoo, die “mitologiese” ruimte van sy jeug en protes teen “fracking”

 
Haai KarooOor die jare het Etienne van Heerden verskeie verhale oor die Karoo geskryf. Hierdie verhale is in verskillende bundels gepubliseer, maar nou het Tafelberg hulle in een boek, Haai Karoo, versamel.

“In hierdie dae lees mens baie gesellige en toeristiese stukke oor die Karoo en ek dag toe dat mens miskien ’n boek op die mark moet bring wat ook die harde realiteite van die lewe daar bekyk,” sê Van Heerden aan Jason Lloyd oor die besluit om die verhale in een bundel uit te gee:

Telkemale keer die Karoo terug in die prosa van die veelbekroonde Etienne van Heerden.

Soos nou ook in Haai Karoo – saamgestel uit verhale in My Kubaan (1983) en Liegfabriek (1988), en die novelle Die gas in die ron­dawel Wilhelmina (1995) – wat onlangs by die Olive Schreiner-skrywersfees op Cradock bekend gestel is.

Oor hoekom die Karoo vir hom ’n mitologiese ruimte geword het, sê Van Heerden hy is in Johannesburg in die Florence Nightingale-kliniek gebore. Sy ma is per stoomtrein van hul plaas in die Cradock-omgewing soontoe vir die bevalling. En weer per trein terug.

Om terug te keer na die Karoo, waar hy groot geword het, is vir Van Heerden soos die herwinning van ‘n verlore mitologie. “Dit is vir my ‘n helende proses, en ek kry opnuut waardering vir die vlaktes en die geweldige gevarieerde omgewing,” het Van Heerden in ‘n onderhoud aan Erns Grundling gesê:

Op ’n drafstap kom Etienne van Heerden die statige La Perla in Seepunt ingewapper. Soos oorle Johnny Cash – “The Man in Black” – dra hy selde, indien ooit, iets anders as swart. “Ja, so gaan dit, nè?” sê-vra hy retories.

Hy het vooraf versoek dat ek ’n eenkanttafel, regs onder in die hoek, bespreek. Ek dink terug aan my dae as werknemer by LitNet op Stellenbosch. Etienne het altyd ’n hoë premie op sy skaarsheidswaarde gestel.

Die voorgestelde ontginning van skaliegas in die Karoo deur middel van hidrouliese rotsbreking steek Van Heerden dwars in die krop. In ‘n onderhoud met Willem de Vries vertel hy van “Gifkaroo”, ‘n hoofstuk uit sy komende roman, wat gratis versprei word in protes teen “fracking”:

Meen jy in Afrikaans staan ons dalk aan die vooraand van ’n betrokke literatuur wat omgewingskwessies bekyk?

’n Mens moet oppas om oor iets te skryf omdat jy dink dis ’n beweging of mode in die ­literatuur – ek het die storie bloot geskryf omdat dit uit my guts gekom het uit ­viesgeit vir wat aan die gebeur is in die Karoo. Ekologie en letterkunde is ’n studieveld wat toe­nemend aandag kry. Kommer vind neerslag in die kunste. ­Hopelik geen agitprop of plakkaatkuns nie, maar komplekse dinge.

Boekbesonderhede

Foto te danke aan Business Day

 

Please register or log in to comment