Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

NB

@ Books LIVE

Nuutste heruitgawe in Francois Bloemhof se Rillers-reeks: Kamer 13

Kamer 13Wat gaan in Kamer 13 aan? En hoekom is dit net Bennie wat voel iets is nie reg nie? Wat sal sy ma sê as sy uitvind van die swelsel op sy rug en hoekom is Klitser, sy hond, skielik so anders teenoor hom? En dan is daar die stem in sy kop wat hom snaakse dinge laat doen.

Bennie voel hoe hy beheer verloor. Hy sal met iemand moet praat, maar wie? Toe daar nog ’n slagoffer aan die balke van Kamer 13 hang, weet Bennie hy sal iets moet doen – en gou ook.

Kamer 13 is ‘n lekker spannende storie vol bloedstollende kinkels. Ouer trae lesers sal dit ook geniet. Die sesde boek van agt in François Bloemhof se Rillers-reeks.

Oor die outeur

François Bloemhof is op 15 September in die Paarl gebore. Hy het begin skryf nadat sy Engelse onderwyser hom 97% vir ’n kortverhaal gegee het (dit was in graad 11). Hy matrikuleer aan die Hoërskool Tygerberg en studeer aan die Universiteit van Stellenbosch. In 1992 behaal hy ’n MA-graad in Afrikaanse letterkunde.

Hy het in 1991 op die Suid-Afrikaanse literêre toneel verskyn as De Kat-pryswenner met sy debuutroman Die nag het net een oog. Daarna was Koue soen, een van die finaliste in die Sanlam/De Kat/Kuns op Een-romanwedstryd van 1994 en ook in die M-Net kompetisie. Hy het later vir jonger lesers ook begin skryf, en het selfs vier ATKV-kinderboek-toekennings (’n kompetisie waarin jong lesers self hul wenboeke aanwys) ontvang, asook pryse vir jeugromans soos Slinger-slinger en Nie vir kinders nie in Sanlam se Jeugroman-wedstryd gewen. In 2007 was hy tweede in die MML-letterkundeprys met Stad aan die einde van die wêreld.

Daar het al meer as 300 tydskrifverhale, meestal onder skuilname, van hom verskyn. Hy woon in Durbanville en is is deeltyds kopieskrywer, vertaler en redigeerder.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment