Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

NB

@ Books LIVE

Sonja Loots en Finuala Dowling spreek hul blydskap oor M-Net-letterkundepryse uit

Drie skrywers van NB-uitgewers het Vrydag met die louere weggestap by die toekenningsplegtigheid van die M-Net-letterkundepryse 2012: Sonja Loots het in die Afrikaanse kategorie gewen vir haar roman Sirkusboere, Finuala Dowling se Homemaking for the Down-at-heart was die wenner in die Engelse kategorie en Deon Meyer se 7 dae is in die “Film”-kategorie aangewys as die boek wat die beste in ‘n rolprent omskep kan word.

SirkusboereHomemaking for the Down-at-Heart 7 Dae

Jo Prins het ná die plegtigheid met Loots en Dowling gesels. Albei was baie bly oor die erkenning wat hul werk ontvang het. Al is die skryfproses iets wat ‘n mens op jou eie moet deurmaak, erken Loots dat ‘n skrywer tog wil weet wat lesers daarvan dink. Dowling, wat al vantevore vir haar digkuns bekroon is, maar nie vir haar prosa nie, voel nou, ná dié erkenning, dat sy wel ook ‘n romansier is. Lees die artikel en kyk ook ‘n video van wat Loots te sê gehad het.

“Mens wil jouself graag vertel dit maak nie saak nie, maar, embarrassingly, maak dit saak.”

So het ’n effens oorblufte Sonja Loots gistermiddag in ’n hotel in Rosebank, Johannesburg, gereageer pas nadat sy vanjaar die M-Net-letterkundeprys vir haar roman Sirkusboere (Tafelberg) gewen het.

Kyk die video:

YouTube Preview Image

Boekbesonderhede


Scribd.com book preview:

Sirkusboere

 

Please register or log in to comment