Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

NB

@ Books LIVE

Chris Karsten gesels oor die ontstaan van sy Abel-reeks (Plus: Lokprent vir Die afreis van Abel Lotz)

Die afreis van Abel LotzChris Karsten het die idee vir die moordenaar Abel in sy trilogie Abel se ontwaking, Abel se lot en Die afreis van Abel Lotz gekry van die ware verhaal van Ed Gein wat ‘n vrou vermoor en haar vel begin afsny het, voor hy gevang is. Hy het ook vrouelyke opgegrawe en hul velle afgeslag vir stoele en lampskerms.

In ‘n onderhoud met Phyllis Green van SARIE vertel Karsten dat hy ook ‘n teenpool vir Abel in die vorm van die polisievrou Ella Neser geskep het. In die laaste boek in die Abel-reeks, wat vanjaar verskyn het, laat Karsten “die deur oop vir Ella”. Dus kan sy dalk weer ‘n verskyning in ‘n toekomstige boek maak, maar vir eers het Karsten genoeg gehad van die gruwels.

Jy woon in Kanada. Was dit ‘n groot aanpassing?

Dis steeds ‘n aanpassing. Ons is nou twee jaar daar en het eers in Halifax in ‘n woonstel gebly net om ons voete te vind, voordat ons begin uitkyk het vir ‘n plek buite die stad. Ons wou nie in die stad bly nie. Ek het in Johannesburg genoeg gehad van die stad. Die eiendomsagent was soos ‘n toergids en het ons na verskillende plekke in die platteland geneem net om die gebied te leer ken. Toe ontdek ons hierdie oulike dorpie met die naam Lunenburg, en my vrou besluit dís waar sy wil bly. Dis aan die kus. My vrou is Kanadees en wou altyd teruggaan Kanada toe. Sy het haar hele lewe in Suid-Afrika gebly. Ek kan verstaan dat jy uiteindelik na jou eie land wil teruggaan.

Kyk die lokprent vir Die afreis van Abel Lotz:

YouTube Preview Image

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment