Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

NB

@ Books LIVE

Dun boek, digte argumente: Edward-John Bottomley gesels oor Armblankes (Plus: Uittreksels)

ArmblankesPoor White Edward-John Bottomley se opspraakwekkende boek, Armblankes, het pas verskyn. In dié boek ondersoek Bottomley die wyse waarop Afrikaner-ideologie deel gehad het aan die skep van die “armblanke”-kwessie. LitNet se Henry Cloete gesels met hom oor die reaksie op die boek en wat sy motief vir die skryf daarvan was:

Die jong joernalis Edward-John Bottomley neem ’n sluk koffie waar ons sit in die klein restaurant by die ingang na die Media24-gebou – die gebou waarna werknemers graag as die “moederskip”, of die “ivoortoring” verwys. Sy eerste boek, Armblankes, het pas verskyn.

Lees ook hierdie twee uittreksels uit Armblankes:

Elke Dinsdag en Donderdag is die roetine dieselfde: Op die lang, boomomsoomde pad wat Ruyterwacht met die buitewêreld verbind, sukkel die ou mense voort met hul leë inkopiesakke.

By Rita’s Tuck Shop (die “T” vervang deur ’n swak geskribbelde “F”) draai hulle regs en loop in die rigting van die skool na die bejaardesorgsentrum.

Anderkant die Afrikaner-voorstede van Bellville lê die voorstad Kraaifontein – ’n slordige stuk aarde van vyfrandwinkels, karwasplekke, heinings en anonieme laer-middelklas-behuising.

Aan die een kant van die voorstad kondig ’n groot Coca-Cola-bord die township Wallacedene aan, met sy sinkhutte wat tot op die vaal sementsypaadjie oorspoel.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment