Leon Rousseau gesels oor Storieman en “vandag se kinders” (Plus: Uittreksel en video)

Leon Rousseau, samesteller van die Storieman-versameling van die 1980′s, wat pas weer as Storieman Omnibus 1 en Storieman Omnibus 2 uitgegee is, het met LitNet se Naomi Meyer gesels oor dié gewilde reeks.
Volgens Rousseau behoort ouers hul kinders op ’n vroë ouderdom reeds aan lees bekend te stel en ook die media waaraan hul kinders blootgestel word versigtig beheer. Hy vertel waar hy aan die plaaslike verhale in die versameling gekom het en gesels oor gelukkige eindes:
Storieman het jare gelede as tydskrif verskyn, en was die Afrikaanse eweknie van die oorspronklike Britse Storyteller. Die tydskrif was vol stories. Destyds was daar ’n kasset by die tydskrif ingesluit waarop verskillende stemkunstenaars elke storie voorgelees het. Wanneer mens moes omblaai, het ’n kenmerkende “pieng”-geluid aangedui waar die bladsy se voorlesing ophou.
As kind het ek uitgesien na elke volgende uitgawe wat verskyn. En toevallig ontvang my seuntjie ’n paar maande gelede stapels ou Storytellers uit my kinderdae (minus die kassette) van sy ouma en oupa.
Lees hier ’n uittreksel uit die verhaal “Brolloks en Bittergal” wat in Storieman Omnibus 1 opgeneem is:
Naby die Karoo, tussen die berge en die see, lê die Grasveld, met diep klowe toegegroei van digte bosse. In een van hierdie klowe was ʼn spelonk waarin ʼn aaklige, nare ou ding gewoon het. Jy kon byna nie sê hy was ʼn mens nie.
Sy naam was Brolloks. Hy was ʼn mensvreter en ʼn towenaar. Saam met hom het ʼn nooientjie gewoon. Haar naam was Skoonlief. So lelik en sleg soos hy was, so mooi en goed was sy.
Kyk hier na die boeklokprent van Storieman Omnibus 1 en Storieman Omnibus 2:
- Laai dit nie? Kyk op Youtube
Boekbesonderhede
- Storieman Omnibus 1 deur Leon Rousseau
Boek se tuisblad
EAN: 9780798156967
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Storieman Omnibus 2 deur Leon Rousseau
Boek se tuisblad
EAN: 9780798156974
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!













Please register or log in to comment