Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

NB

@ Books LIVE

Agaat-film gaan uitdaging wees vir produksiespan, meen Marlene van Niekerk

Die sneeuslaperAgaatIn Oktober het Books LIVE berig dat Marlene van Niekerk se bekroonde roman Agaat deur Britse vervaardigers verfilm gaan word. Van Niekerk het aan Beeld se Rudolf Stehle vertel dat sy geëerd voel deur dié ontwikkeling, maar dat sy dit steeds as die produksiemaatskappy se projek sien. Die draaiboek word deur Kasi Lemmons verwerk en behoort aan die einde van November gereed te wees:

Marlene van Niekerk beskou dit as ’n voorreg dat haar roman Agaat binnekort verfilm gaan word.

Die rolprentregte is onlangs deur die Britse vervaardigers Patrick Holzen, Mark R. Harris en Debbie Vandermeulen bekom. Kasi Lemmons skryf die draaiboek en behartig die regie.

Van Niekerk het die vervaardigers ontmoet en sy beskryf hulle as “aangename en professionele mense. Ek verneem die draaiboekskrywer is baie goed en ervare. Ons het ’n vriende­like gesprek gehad.”

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment