Aniel Botha skryf oor soengroete en familiesaamtrekke
Aniel Botha, skrywer van die digbundel Pirouette, skryf in Rapport oor die ongenadige soengroet en familiesaamtrekke. Tuitbeksoentjies en dubbelsoene – sy het al alles gesien:
My familie soengroet. Ek weer, is nie juis ’n soener en ’n drukker nie. By familiebyeenkomste het ek dus maar altyd die wang gedraai wanneer ek kon. Soms was ek egter nie vinnig genoeg nie en dan het die soen, karplaks, vol op my lippe geland. Dit was genadiglik iets wat ek op skool laas moes deurmaak – totdat ek my hierdie week in ’n familiesaamtrek laat inpraat het.
Boekbesonderhede
- Pirouette deur Aniel Botha
Boek se tuisblad
EAN: 9780795800320
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!













Please register or log in to comment