Video: Harry Kalmer gesels oor Vlieger en die gevare van die close dance (Plus: Voorlesing)
Vlieger en die gevare van die close dance is ’n versameling van Harry Kalmer se rubrieke wat oorspronklik in Rapport verskyn het. In dié rubrieke skryf Kalmer oor die lewe van die karakter Matthys Bothma, oftewel Vlieger, wat in die sestiger- en sewentigerjare in ’n wit Johannesburgse voorstad, langs die treinspoor en tussen die mynhope, woon.
’n Verwerking van hierdie verhale vir die verhoog, Vlieger Unplugged, is vanjaar by die Aardklop Nasionale Kunstefees opgevoer, met Ben Kruger in die hoofrol. In die volgende video, wat tydens ’n gesprek oor Vlieger by die fees opgeneem is, verklap Kalmer dat hy beplan het om Vlieger na twee jaar op die grens te laat sterf. Die lesers het egter so baie van die rubriek gehou dat hy van dié plan moes afsien.
Kyk die video:
- Laai dit nie? Kyk op YouTube
Luister ook na ’n voorlesing uit Vlieger en die gevare van die close dance wat op RSG uitgesaai is:
- Laai dit nie? Luister op RSG
Boekbesonderhede
- Vlieger en die gevare van die close dance deur Harry Kalmer
Boek se tuisblad
EAN: 9780795800429
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!














Please register or log in to comment