Draai jou sente maklik om met Emilia le Roux se Kos as dit knyp
Soos baie mense wonder Emilia le Roux ook vyfuur smiddae wat sy vir aandete kan maak.
Sy sukkel ook om die kruideniersware begroting te laat klop en boonop elke dag vir haar gesin gesonde kos voor te sit.
Daarom het sy ’n boek geskryf vir mense soos sy.
In Kos as dit knyp kry jy:
- wenke oor hoe jy gou goedkoop én gesonde kos kan maak
- raad oor hoe jy jou koskas kan beplan
- planne wat kosmaakbesluite vergemaklik
- interessante maar eenvoudige resepte wat maklik is om te maak
- aanduidings by elke resep van jou kosmaaktyd, hoeveel die bestanddele kos, en wat die kos aan jou middellyn gaan doen
Oor die outeur
Emilia le Roux het grootgeword op die plaas Doornkraal buite De Rust. Hierdie plaas, sê sy, is nie net ’n boerdery nie, maar ’n lewenswyse. Sy het haar familie se kostradisie voortgesit deur onder meer op Stellenbosch ’n meestersgraad in huishoudkunde te behaal. Emilia het wye draaie geloop voordat sy en haar gesin op ’n werf in Durbanville nes geskrop het.
Le Roux en Francois Smuts het in 2009 die boek Waar vye nog soet is / A Farm in my Heart die lig laat sien.
Boekbesonderhede
- Kos as dit knyp: Goedkoop, gesond en gou deur Emilia le Roux
Boek se tuisblad
EAN: 780798157056
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!













Please register or log in to comment