Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

NB

@ Books LIVE

Loftus Marais gesels in twee onderhoude oor Kry my by die gewone plek aguur (Plus: Potgooi)

Kry my by die gewone plek aguurIn dié onderhoude gesels Loftus Marais met mededigters Danie Marais en Melt Myburgh oor sy liefde vir New York, die vreemdhede van Kaapstad en hoe sekere van sy gedigte in Kry my by die gewone plek aguur ontstaan het:

Loftus, as ek my spriete uitsteek, registreer ek ʼn oorweldigende vibrasie van afwagting en opwinding oor die verskyning van jou tweede bundel, Kry my by die gewone plek aguur. Hoe hou jou senuwees dit – veral na die fenomenale sukses en rits bekronings van jou debuut?

Die senuwees pla tog soms. Maar ek hou my kop waar dit was met die skryf van die verse: dit het eintlik min met ander mense te make, dis tussen jou en ‘n vae verbeelde ideale leser – dis eintlik net ‘n gekompliseerde weergawe van by jouself sit en mompel. Natuurlik geniet mens die blou strikkies en die oo’s en aa’s, ek sal nie lieg nie, maar dis nooit hoekom jy pen op papier lê of voor die rekenaar gaan sit om te skryf nie.

Ons moes eintlik in Kaapstad ontmoet het in een van sy gunsteling-kuierplekke. Loftus Marais se gretig afgewagte, pas uitgereikte tweede digbundel heet immers Kry my by die gewone plek aguur – Kaapstadse gedigte. Maar die weer is onstuimig koud en nat; die Bolandse berge is dik gesneeu en eintlik bly Loftus tans by sy ma in die Paarl. Stellenbosch is dus prakties. Ons was buitendien albei eens op dié ski­sofrene dorp verwarde studente in die Simonsberg-manskoshuis. En met koue druppels teen die ruite voel die uitstekende rooivleis en rooiwyn van die Hussar Grill noodsaaklik.

Loftus se enigste beswaar is die outydse boekrakke wat die mure versier: “Freak my bietjie uit – die idee van literatuur as statige dekor. Gril.”

In die volgende RSG-potgooi lees Marais gedigte uit Kry my by die gewone plek aguur voor:

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment