Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

NB

@ Books LIVE

Karin Brynard gesels oor die tema van vaderskap in haar misdaadroman Onse Vaders

Onse vadersIn haar onderhoud met skrywer Karin Brynard, leer Sarie se Phyllis Green meer oor hoe Brynard haar tweede misdaadroman, Onse Vaders, aangepak het en ook waarom sy die tema van vaderskap in die boek ondersoek:

Jou eerste boek, Plaasmoord, is goed ontvang. Dit is bekroon met die UJ-debuutprys en die M-Net-prys in die rolprentkategorie. Was jy benoud om ‘n tweede boek aan te pak?

Ek was regtigwaar senuweeagtig, maar ek het ook die idee gehad van ek hoef nie. Ek het ‘n baie lekker loopbaan as ‘n vryskutjoernalis. Ek sê net ja vir opdragte waarvan ek hou. Ek is mal oor navorsing en om diepte-stories te doen. As ek dit nie kon regkry om ‘n tweede boek te skryf nie, dan was ek ‘n “one-book wonder”. Maar aan die anderkant is daar ‘n ding wat jou dryf, dis soos ‘n obsessie wat in jou lyf kruip. Ek haat skryf. Dis soos om te kraam.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment