Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

NB

@ Books LIVE

Opvoedkundige prenteboek A is vir appel deur Vicky Davis nou beskikbaar

A is vir appela is vir appel,
kraakvars in jou mond.
Eet een elke dag,
dan bly jy mooi gesond!

Groot A se bene
staan wydsbeen op die grond.
Klein a se magie
is so boep en rond.

Vrolike rympies, prettige illustrasies en kleurvolle foto’s maak dit maklik en lekker om die ABC te leer! Hierdie boek sal kleuters help om al die letters van die alfabet te leer herken en klanke en eerste woorde daarmee te assosieer. Eenvoudige rympies help kinders ook onthou hoe elke letter gevorm word. Van A tot Z – dis groot pret!

Oor die outeur

Vicky Davis is gebore in die Kaap en het grootgeword in die Boland waar sy op Somerset-Wes skoolgegaan het.

Haar ouers, albei eertydse joernaliste, het van vroeg af haar liefde vir die kunste aangemoedig. Sy behaal ’n BA-graad in drama en tale (Engels) en ’n honneursgraad in drama (regie) en ook ’n MA-graad aan die Universiteit Stellenbosch, ook met onderrig in kreatiewe skryfkuns onder leiding van Marlene van Niekerk.

In 2003 ontvang sy die Fleur du Cap teatertoekenning as mees belowende dramastudent, en die US Drama-toekenning vir beste aktrise. In 2006 sluit sy aan by bekende plaaslike sepie 7de Laan as die gewilde karakter, Tessa Krige. Vicky is tans ’n regiseur en aanbieder van Pasella.

Een van haar kortverhale vir kinders het ook onlangs verskyn in Rondomtalie: Stories deur Afrikaanse kunstenaars.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment