Lees ’n uittreksel uit Ingrid Winterbach se Die aanspraak van lewende wesens
Ingrid Winterbach se jongste roman, Die aanspraak van lewende wesens, is in Maart vanjaar as die wenner van NB-Uitgewers se Groot Afrikaanse Romanwedstryd aangewys, en dié boek het steeds resensente aan die gons. In die volgende uittreksel skop Karl Hofmeyr se reis na die Wes-Kaap af, waar hy sy broer Ignatius moet gaan uithelp:
KARL HOFMEYR WORD DIE OGGEND OP sy selfoon gebel. Jou broer maak moles, sê die persoon, jy moet hom hier kom wegneem. Met wie praat ek? vra Karl. Met Josias Brandt, sê die man, jou broer bly hier by ons op die plaas. (Karl het lanklaas met Iggy gepraat. Sy selfoon gee al lank net ’n besettoon.)
Boekbesonderhede
- Die aanspraak van lewende wesens deur Ingrid Winterbach
Boek se tuisblad
EAN: 9780798157063
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
Please register or log in to comment